On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Mans se brein krimp glo teen 20:00

───   15:12 Wed, 25 Sep 2024

Weird Wide Web – Mans se brein krimp glo teen 20:00  | News Article

“Ek is oortuig daarvan dat hormone die brein en breinstruktuur beïnvloed,”

Wetenskaplikes het ’n man (26) se brein 40 keer oor ’n tydperk van 30 dae geskandeer. Hulle het bevind sy brein krimp teen die aand voordat dit oornag herstel.

Navorsers aan die Universiteite van Kalifornië en Suid-Carolina Beaufort (USCB) meen die siklus van krimp en groei stem ooreen met stygende en dalende vlakke van die steroïedhormone soos testosteroon, kortisol en estradiol.

Hoewel veranderinge aan die breinstruktuur saamgeval het met die daaglikse siklus van steroïedhormone kon die navorsers nie onomwonde besluit of die hormone verantwoordelik is vir die veranderinge nie.

Elle Murata, mede-outeur van die navorsing en ’n doktorale student in sielkunde en breinwetenskap aan die USCB, sê: “Ek is oortuig daarvan dat hormone die brein en breinstruktuur beïnvloed, maar in hierdie navorsing kan ons nie sê dat dit die direkte oorsaak is nie.

“Dit is egter ’n voorbeeld dat hormone nie net vir vroue relevant is nie.”

Lees meer

OFM Nuus dg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.