On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Jy kan binnekort sonlig bestel

───   15:22 Tue, 27 Aug 2024

Weird Wide Web: Jy kan binnekort sonlig bestel | News Article
Foto: Dexerto

“Die Reflect Orbital-opstart is daarop ingestel om dit 24/7 sonnig te maak.”

Wat as sonlig 24/7 beskikbaar was?

Die Reflect Orbital-onderneming gaan dit ’n werklikheid maak deur “’n netwerk van revolusionêre satelliete te ontwikkel om sonlig ná donker aan duisende sonkragplase te verkoop.”

Die span wil die satelliete opstel sodat hulle die planeet omkring en die lig weerkaats.

Die satelliete sal 35 lb. (16 kg) weeg en sal toegerus wees met BoPET-spieëls (BoPET is ’n materiaal wat in ruimtekomberse, isolators en verpakking gebruik word) van 33 vt. x 33 vt. (9,9 m x 9,9 m).

“Ons wil dit so maklik moontlik maak - soos, meld aan by ’n webwerf, vertel ons jou GPS-koördinate en ons kry vir jou sonlig na donker,” sê Ben Nowack, stigter en uitvoerende hoof van Reflect Orbital.

Daar is tans nog geen satelliete gelanseer nie, maar die span het die spieël getoets op ’n lugballon wat bo-oor ’n sonplaas gevlieg het. Dit het 500 W energie per vierkante m van ’n sonpaneel opgewek, wat ongeveer “die helfte van die son se helderheid is,” sê Nowack. 

Reflect Orbital het ook gedemonstreer hoe sy toepassing sou werk: jy vind jouself net op die kaart, en die lig vind jou.

Gaan volg gerus die maatskappy se vordering op hul webwerf.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.