On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: As dit werklik lyk, is dit moontlik die ware Jakob!

───   16:08 Mon, 09 Sep 2024

Weird Wide Web: As dit werklik lyk, is dit moontlik die ware Jakob! | News Article
Beeldbron: TikTok.com/froginahatgirl

“’n TikTokker was stomgeslaan om ’n pakkie van Temu oop te maak net om te ontdek dat die croissantlamp wat sy bestel het, ’n werklike croissant was.”

‘Froginahatgirl’ het dié bisarre produk op haar blad gedeel, wat sy as geskenk vir ’n vriendin gekoop het.

“Ek het na ’n warm dag van die werk af tuis gekom en daar was soos honderde miere onder dit. Ek was soos, ‘Hoekom die f** sal miere ’n vals croissant wil hê?’” sê sy.

Nadat sy die produk verder ondersoek het, is haar vermoedens bevestig. Dit was ’n regte croissant wat met hars bedek is.

‘Dit het gelyk of die binnekant inderdaad ’n gebak croissant was’

In die video het sy die produk van Temu gewys – ’n gewilde goedkoop Chinese handelsmerk – met ’n gat daarin.

“Die miere het in die gat ingegaan,” verduidelik sy. “Ek het net ’n groter gat gemaak.”

Nadat die produk oopgekraak is, het dit gelyk of die binnekant inderdaad ’n gebak croissant was. Krummels het uit die voorwerp geval toe sy die ‘lamp’ aangeskakel het.

Foto: Getty Images

Die TikToker het uiteindelik besluit dat daar net ‘een manier’ is om te weet of dit ’n ware croissant is. Sy het ’n happie gevat.

Die uitspraak? “Dis f***** kos!” sê sy.

Temu het onder skoot gekom vir onveilige produkte en produkte wat eenvoudig nie op standaard is nie – soos hierdie ‘croissant’-lamp.

Lees ook: What’s on the menu - Scrambled Flapjacks

In Februarie is ’n waarskuwing uitgereik oor onveilige elektriese verwarmers wat op sosialemediatoepassings soos TikTok en Temu verkoop word. Die produkte wat geraak is, was onder meer die XH-1201 1200 W draagbare elektriese verwarmer, die X7 draagbare ruimteverwarmer en die NFJ004 draagbare elektriese verwarmer.

Lees meer

Kry meer nuus hier

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.