On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Wetenskaplikes ontdek ou, ongebruikte water onder die aarde se oppervlak

───   15:16 Thu, 12 Sep 2024

Weird Wide Web – Wetenskaplikes ontdek ou, ongebruikte water onder die aarde se oppervlak | News Article
Foto ter illustrasie

“Wetenskaplikes het die water meer as 2,4 km onder die aarde se oppervlak ontdek, wat vir millennia geïsoleer van die buitewêreld was.”

’n Wetenskaplike het onlangs ’n sluk water te geneem wat miljarde jare oud is. 

Die meeste van ons sal dalk twee maal dink voordat ons ons dors sal les met drinkwater wat vir dae lank buite gelaat is, tensy ons desperaat is. Dieselfde kan nie gesê word van die wetenskaplikes wat betrokke is by hierdie ongelooflike studie nie.

In 2013 het wetenskaplikes van die Universiteit van Toronto water meer as 2,4 km onder die Aarde se oppervlak ontdek. Hierdie water in Timmins, Ontario, Kanada was vir duisende jare lank van die buitewêreld geïsoleer.

Die meeste mense sal waarskynlik saamstem dat water wat tussen 1,5 en 2,6 miljard jaar oud is nie eintlik ’n vloeistof is wat jy wíl drink nie. Prof. Barbara Sherwood Lollar is klaarblyklik nie die meeste mense nie.

As hoofnavorser het Lollar self van die water probeer en te oordeel aan haar reaksie, het dit net so aaklik gesmaak soos dit klink. Dit was nie einlik ’n verrassing dat die eertydse water blykbaar ‘verskriklik’ was nie.

‘Sodra dit met suurstof in aanraking kom, word dit oranje’

Die wetenskaplike het die vloeistof se smaak aan die LA Times beskryf en gesê dat die eerste ding wat by haar opgekom het, was wat niemand in ’n drankie wil hê nie: sout.

“As gevolg van die reaksies tussen die water en die rots is dit uiters sout,” sê sy. “Dit is dikker as kraanwater met die samestelling van ’n baie ligte esdoringstroop.

“Dit het geen kleur wanneer dit uitkom nie, maar sodra dit met suurstof in aanraking kom, word dit oranje omdat die minerale daarin reageer – veral die yster.”

Lollar het ander mense afgeraai om eerder nie die water te drink nie. “Ons stel belang in die soutste waters omdat dit die oudste is, en om dit te proe, is die vinnigste manier om uit te vind watter die soutste is," verduidelik sy.

Dit sou net drie jaar duur voordat wetenskaplikes water in dieselfde gebied ontdek het wat hulle glo nog ouer is, ten minste 500 miljoen jaar ouer as die vorige vonds.

Gegewe hoe sleg die vorige water was, smaak dié een waarskynlik nie veel beter nie.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.