On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaatse begroting: Fondse vir landbou en infrastruktuur

───   16:39 Tue, 18 Mar 2025

Vrystaatse begroting: Fondse vir landbou en infrastruktuur | News Article
LUR vir Finansies Moses Makume lewer sy begrotingsrede in die Vrystaatse Wetgewer. Foto: Vrystaatse Wetgewer

Die Vrystaatse ekonomie toon tekens van herstel, met ’n verwagte groei van 1,6% in 2025 en 1,7% in 2026, volgens die provinsiale begrotingsrede wat deur LUR Moses Makume gelewer is.

Hierdie groei sal veral deur die landbou-, finansiële, handel- en konstruksiesektore aangedryf word.

Toekenning aan landbou en landelike ontwikkeling

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling ontvang R285,8 miljoen om boere te ondersteun en armoedeverligting en infrastruktuurontwikkeling te bevorder. Daar word ook R883 miljoen vir die 2025/26 finansiële jaar aan die departement toegeken, met verwagte verhogings tot R911 miljoen in 2026/27 en R949 miljoen in 2027/28. 

Hierdie fondse sal onder meer aangewend word vir:

  • Die Land Care-program
  • Ondersteuning en opleiding van boere
  • Veeartsenydienste
  • Die Mohoma Mobung-program
  • Infrastruktuurbeleggings
  • Rampbestuur
  • Afvalbestuur
  • Landbouprojekte
  • Finansiële verligting weens loonverhogingsooreenkomste

Padinfrastruktuur en openbare vervoer

’n Bedrag van R2,4 miljard is geoormerk vir die departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer. Dit sluit in:

  • Onderhoud van provinsiale paaie
  • Subsidies vir openbare busdienste
  • R201 miljoen vir die Welisize Landelike Brugprogram

Verhoogde inkomste-invordering

Die provinsiale fiskus bly onder druk, en daarom word R17 miljoen beskikbaar gestel om inkomste-invordering te verbeter. Hierdie fondse sal tussen die departemente van gesondheid, gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, landbou en landelike ontwikkeling, en ekonomiese ontwikkeling verdeel word. 

In die huidige finansiële jaar het die provinsie reeds 99,1% van sy teiken van R1,2 miljard ingevorder. Daar word beoog om oor die volgende MTEF-periode ’n totaal van R3,7 miljard in te samel.

Vooruitsigte en impak

Volgens LUR Makume is die begroting daarop gemik om ekonomiese groei te stimuleer en infrastruktuurontwikkeling te bevorder, terwyl dit terselfdertyd finansiële stabiliteit verseker. 

“Ons is toegewyd om volhoubare ekonomiese groei te verseker, veral deur strategiese beleggings in landbou, paaie en inkomste-invordering.”

OFM Agri mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.