On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Nadine
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Help só Noord-Kaapse boere tydens droogte

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Wed, 19 Feb 2025

Help só Noord-Kaapse boere tydens droogte | News Article
Voer op pad na Calvinia en Van Wyksvlei. Foto: Agri Noord-Kaap

Hoewel daar onlangs verspreide reënval in sommige dele van die Noord-Kaap was, bly die droogte ’n ernstige uitdaging vir boere in die streek.

Volgens Janine Byleveld, bedryfsbeampte: ekonomie, handel en natuurlike hulpbronne van Agri Noord-Kaap, het die oostelike dele van die provinsie, veral naby die grens met Noordwes en die Vrystaat, uit die reën voordeel getrek. 

Daarenteen het gebiede soos Fraserburg, Williston, Sutherland, Brandvlei, Keimoes en Askam baie min reën ontvang. Verder het boere by Vosburg en Victoria-Wes gehoop op reën oor Kersfees, maar dit het ongelukkig nie gerealiseer nie.

Byleveld het beklemtoon dat nie alle voer geskik is vir die streek se vee nie. In die Noord-Kaap bestaan die vee-industrie hoofsaaklik uit skaap- en beesboerdery, en daarom is mielies en lusern tans die mees geskikte voer. Sy het daarop gewys dat die koste van vervoer ’n groot uitdaging bly, en dat Agri Noord-Kaap fokus op koste-effektiewe maniere om voer na die regte areas te verskuif.

LEES OOK: Toestande kritiek in droogtegeteisterde dele van Noord-Kaap

“Ons doen baie moeite om seker te maak dat die boere die regte tipe voer kry wat hulle nodig het. Dit is belangrik dat hulle hul vee kan bemark en dus moet hulle toegang tot kragvoere hê om moontlike inkomste te verseker.”

Agri Noord-Kaap het reeds hulp verleen aan gebiede soos Williston, Calvinia, Vanwyksvlei en Carnarvon. Daar is ook beplanning aan die gang om voer te verskaf aan boere in Brandvlei, Kenhardt en die Boesmanland-distrik.

Mense wat ’n bydrae wil maak, hetsy deur voerskenkings, finansiering, brandstof of vervoerhulp, kan Agri Noord-Kaap se Facebook-blad besoek vir meer inligting. Daar is ook relevante skakels op die Agri Noord-Kaap-webtuiste en die Agri Northern Cape Foundation se webblad.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.