On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

’n Blik op die toekoms van landbou

───   07:25 Mon, 15 Jul 2024

’n Blik op die toekoms van landbou | News Article

“Ontluikende ekonomieë het die afgelope 20 jaar toenemend globale landbou-ontwikkelings aangedryf en sal na verwagting hierdie rol oor die volgende dekade voortsit.”

Vooruitskattings vir die globale landboubedryf toon ’n verskuiwing in voedselverbruikspatrone, dat ontluikende ekonomieë steeds ’n groter rol speel, en die dringende behoefte om kweekhuisgas-uitlatings en voedselverlies te verminder.

Die 20ste gesamentlike verslag van die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling (OECD) en die Verenigde Nasies se voedsel en landbou-organisasie (FAO) weerspieël die evolusie van globale landbou oor die afgelope twee dekades en bied projeksies tot 2033. Dit beklemtoon die komplekse en veranderende dinamiek van globale landbou, en die uitdagings en geleenthede wat voorlê vir beleidmakers, produsente en verbruikers wêreldwyd.

Sleutelbevindings:

1. Ontluikende ekonomieë as dryfkrag: Ontluikende ekonomieë het die afgelope 20 jaar toenemend globale landbou- en vismarkontwikkelings aangedryf en sal na verwagting hierdie rol oor die volgende dekade voortsit.

2. Verskuiwing in voedselverbruik: Die rol van China in die aandrywing van globale voedsel- en landbouverbruik neem af, terwyl Indië en Suidoos-Asië na verwagting groter invloed sal kry, aangedryf deur hul groeiende stedelike bevolkings en toenemende welvaart.

3. Kalorie-inname en voedselveiligheid: Kalorie-inname sal na verwagting met 7% in middelinkomstelande toeneem, grootliks weens groter verbruik van stapelvoedsel, veeprodukte en vette. In lae-inkomstelande sal kalorie-inname met 4% groei, wat te stadig is om die volhoubare ontwikkelingsdoelwit van geen honger teen 2030 (SDG2) te bereik.

4. Kweekhuisgasvrystellings in landbou: Die intensiteit van globale kweekhuisgas-uitlatings in landbou sal na verwagting afneem, aangesien groei op produktiwiteitsverbeterings eerder as uitbreiding van bewerkte grond en vee troppe gebaseer sal wees. Tog sal direkte vrystellings uit landbou met 5% toeneem.

5. Vermindering van voedselverlies en -vermorsing: Die halvering van voedselverlies en -vermorsing het die potensiaal om globale landbou kweekhuisgas-uitlatings met 4% te verminder en die aantal ondervoede mense met 153 miljoen teen die jaar 2030 te verminder.

6. Internasionale kommoditeitsmarkte: Goed funksionerende internasionale landboukommoditeitsmarkte sal belangrik bly vir globale voedselveiligheid, aangesien 20% van kalorieë verhandel word en landelike lewensonderhoud kan baat vind by deelname aan markte en globale landbouvoedselwaardekettings.

7. Prysprojeksies: ’n Effense daling in reële internasionale verwysingspryse vir hoof landboukommoditeite word oor die volgende tien jaar voorspel, maar dit mag nie noodwendig weerspieël word in plaaslike kleinhandel voedselpryse nie.

OFM Agri

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.