On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

OVK Bethlehem Meganisasie Ekspo en Gholfdag

───   09:17 Wed, 04 Sep 2024

Sponsored09:17 Wed, 04 Sep 2024
OVK Bethlehem Meganisasie Ekspo en Gholfdag | News Article

Bethlehem sal binnekort die tuiste wees van ’n opwindende geleentheid vir die landbougemeenskap, met die OVK Bethlehem Meganisasie se Ekspo en Gholfdag wat op die horison lê.

Die ekspo vind plaas op 19 September 2024, gevolg deur ’n gholfdag op die 20ste. 

OFM het gesels met Wimpie Nel, verkoopsbestuurder van OVK Meganisasie Noordstreek, en Gerrie Coetzee, bemarker van heelgoedere by OVK, om meer oor die geleentheid uit te vind:


Nel het verduidelik dat die ekspo in 2023 vir die eerste keer plaasgevind het en groot sukses behaal het. Hierdie jaar vind die geleentheid weer plaas by die OVK Meganisasieperseel in Wittebergstraat, Bethlehem. Die doel is om die plaaslike landbousektor te ondersteun en ’n platform te skep waar verskaffers en boere saam kan kom om te netwerk en kennis uit te ruil.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se ekspo. Dit bied ’n uitstekende geleentheid vir die landbougemeenskap om bymekaar te kom en saam te leer,” het Nel gesê. “Ons het ’n groot behoefte gesien om so ’n inisiatief in Bethlehem op die been te bring, aangesien landbouskoue op kleiner dorpe besig is om uit te sterf.”

Die gholfdag, wat die volgende dag plaasvind, dien as ’n fondsinsameling vir landbousekuriteit in die Oos-Vrystaat. Coetzee het verduidelik dat die fondse wat ingesamel word, spesifiek gebruik sal word vir die verbetering van veiligheidsmaatreëls, soos die installering van kameras op paaie. “Ons gemeenskap en ons boere is baie afhanklik van hierdie sekuriteitsinisiatiewe,” het hy gesê.

Die publiek word hartlik uitgenooi om hierdie geleenthede by te woon. Toegang tot die ekspo is gratis, en alle inligting oor hoe om deel te neem of uit te stal, kan verkry word deur kontak te maak met Nel of Coetzee by OVK.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.