On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Riglyne vir veediefstalverklarings

───   07:13 Mon, 15 Jul 2024

Riglyne vir veediefstalverklarings | News Article
Foto: Getty Images

“Boere kan beboet word vir ongemerkte diere, en dit is belangrik om wetgewing na te kom om probleme te vermy.”

Veediefstal bly ’n groot bekommernis in die landboubedryf, en Vrystaat Landbou het, in samewerking met die polisie, ’n pro forma-verklaring opgestel om boere te help wanneer hulle veediefstal of ander misdaad op hul grond aanmeld.

Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger by Vrystaat Landbou, het meer inligting hieroor gedeel.

Volgens Kruger moet die persoon wat die verklaring aflê, gewoonlik die plaasbestuurder of veewagter, volledige persoonlike inligting verskaf. Dit sluit in naam, van, ID-nommer, woonadres, ras, geslag, ouderdom en beroep. As die verklaring oor veediefstal gaan, is die naam van die plaas en die dorp waar dit geleë is ook noodsaaklik.

Wanneer dit by vee kom, moet die tipe vee (soos kruis ras of suiwer ras) ingesluit word, of dit stoetvee is, en die geslag en toestand van die diere (soos dragtige verse). Die beskrywing van die identifikasiemerk, soos ’n geregistreerde brandmerk of ’n tatoeëermerk, moet ook ingesluit word. Indien beskikbaar, kan ’n foto van die merk verskaf word.

Kruger noem dat dit ’n groot probleem veroorsaak wanneer diere nie gemerk is nie, wat dit moeilik maak om die eienaars op te spoor wanneer diere teruggevind word. Boere kan beboet word vir ongemerkte diere, en dit is belangrik om wetgewing na te kom om probleme te vermy. In gevalle waar diere wel teruggevind word, kan DNS-toetse gebruik word om die diere aan hul regmatige eienaars terug te besorg.

Dit is ook belangrik om te weet wie die verklaring moet aflê. In baie gevalle is dit die veewagter wat na die diere kyk en die diefstal opgemerk het. Die SAPD kan ook ’n verklaring van die boer neem indien nodig.

OFM Agri/Johan Gunter cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.