On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Voorspellings sover in guns van swak La Niña vir komende somer

───   06:00 Thu, 11 Jul 2024

Voorspellings sover in guns van swak La Niña vir komende somer | News Article
Foto: Getty Images

“’n Bekende meteoroloog bied insig oor wat die komende seisoen in terme van die El Niño en La Niña-siklus verwag word.”

Met weersomstandighede wat in baie dele van Suid-Afrika skynbaar op sy kop gekeer is, wonder produsente wat die volgende seisoen inhou. Bekende meteoroloog Anika de Beer verduidelik dat daar gebruik gemaak word van ’n ensemble voorspelling. 

“Hierdie voorspelling behels ’n groep klimaatmodelle wat gebruik word om ’n aanduiding te gee van wat die seisoen inhou. El Niño en La Niña word voorspel deur die see-oppervlaktemperatuur van die Stille Oseaan te bestudeer, veral rondom die ewenaar tussen Australië en Suid-Amerika. Hierdie temperatuurveranderinge het ’n groot invloed op weerstelsels wêreldwyd, insluitend die hoog- en laagdrukstelsels wat ons weer en klimaat beïnvloed.”

Die afgelope seisoen was ’n El Niño-seisoen, gekenmerk deur bo-normale see-oppervlaktemperatuur, wat gewoonlik lei tot warmer en droër toestande in Suid-Afrika. “Boere het veral gesukkel met die midsomer-droogte in Februarie en Maart, wat gelei het tot ’n laer somergraan- en olieproduksie, met ’n verwagte afname van bykans 20% vergeleke met die vorige jaar.”

Die ensemble modelle voorspel egter dat die komende somerseisoen moontlik ’n swak La Niña kan wees. “La Niña word gekenmerk deur onder-normale see-oppervlaktemperatuur in die Stille Oseaan, met ’n afwyking van tussen minus 0,5 en minus 1 graad van die normale temperatuur. La Niña bring gewoonlik natter en koeler toestande vir Suid-Afrika, wat goeie nuus is na die droë El Niño-seisoen.”

Hoewel dit tans nog ’n swak La Niña is, hoop De Beer dat hierdie toestande sal realiseer. “Teen September en Oktober sal ’n beter aanduiding beskikbaar wees van wat die somer sal inhou, maar tans lyk dit of die komende seisoen ’n swak La Niña kan wees, wat ’n beter seisoen vir boere in die somerreënvalgebied kan beteken.”

OFM Agri mvh


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.