On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Wydverspreide ryp in Limpopo groot uitdaging vir groentemarkte

───   06:00 Thu, 11 Jul 2024

Wydverspreide ryp in Limpopo groot uitdaging vir groentemarkte | News Article
Foto: Getty Images

“Hierdie verandering in aanbod kan verdere opwaartse druk op aartappelpryse veroorsaak.”

’n Landbou-ekonoom gee ’n oorsig oor die impak van die onlangse wydverspreide ryp in Limpopo, wat ’n beduidende uitwerking op die groentebedryf in Suid-Afrika gaan hê.

“Hierdie ryp het veral die aartappelproduksie in die streek getref, aangesien Limpopo een van die min gebiede is waar aartappels gedurende die wintermaande gekweek kan word,” vertel Dr. Johnny van der Merwe van AMT.

Die skade wat deur die ryp veroorsaak is, kan lei tot ’n merkbare styging in groentepryse oor die volgende maand of twee. Hierdie verwagte prysstygings is veral as gevolg van die aansienlike skade wat in sekere areas aangerig is.

Van der Merwe het herinner aan ’n soortgelyke gebeurtenis in 2021, toe Limpopo gedurende middel Julie ook ’n erge ryp ervaar het. In daardie jaar het aartappelpryse in Augustus relatief stabiel gebly, hoewel daar ’n effense afname in volumes was in vergelyking met Julie. In September 2021 het volumes egter aansienlik gedaal, wat tot skerp prysstygings gelei het.

“Wanneer ons die huidige jaar met 2021 vergelyk, sien ons dat die gemiddelde aartappelprys tans ongeveer 43% hoër is as in 2021. As hierdie tendens voortduur, kan ons moontlik ’n gemiddelde prys van R120 per tien kilogram sakkie aartappels tydens September sien. Dit sal natuurlik afhang van die omvang van die skade wat die ryp veroorsaak het.”

Die verwagting is ook dat die meeste markagente oor hierdie periode ’n toename in kleiner aartappels (small en small to medium) op die markte sal sien, terwyl die aanbod van medium, groot, en ekstragroot aartappels aansienlik minder sal wees. Hierdie verandering in aanbod kan verdere opwaartse druk op aartappelpryse veroorsaak.

Hierdie situasie bring groot uitdagings vir die groentemark in Suid-Afrika, en produsente sowel as verbruikers sal die impak van hierdie ryp in die komende maande voel.

OFM Agri mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.