On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Hernuwing van vuurwapenlisensies ’n doring in jagters se vlees

───   ELSABÉ RICHARD 16:00 Mon, 13 Nov 2023

Hernuwing van vuurwapenlisensies ’n doring in jagters se vlees | News Article
Foto deur Tima Miroshnichenko/Pexels.

”Lede kry nie terugvoering oor hulle vuurwapenlisensie-aansoeke nie. Aansoeke raak weg. Aansoeke word verkeerd ingelees ..."

Dit gaan goed met die jagbedryf en so is dit dan ook goed vir die ekonomie van ons land. 

Só sê Dorothy Els van SA Jagters wat verder deel dat ten spyte van hoe goed dit gaan, ervaar hul lede groot uitdagings met die hernuwing van vuurwapenlisensies.

"Lede kry nie terugvoering oor hulle vuurwapenlisensieaansoeke nie. Aansoeke raak weg. Aansoeke word verkeerd ingelees. So, dit is regtig 'n probleem want as jou goed nie reg is nie, en kry jy dit nie reg van hulle af nie, dan kan jy hom nie gebruik nie, dan moet jy weer heraansoek doen...” sê Els.

Herstel nog finansieel 

Els vertel van die lede herstel nog finansieel ná die streng Covid-19-inperkings, wat gedurende die piek van die pandemie ingestel is. 

Volgens navorsing deur Wildlife Ranching South Africa in April 2020 het jag en ekotoerisme op wildplase in Suid-Afrika heeltemal tot stilstand gekom. Talle lande het hul grense vir toeriste gesluit uit vrees dat die virus verder kon versprei.

Die navorsing het die gevolge van hierdie afname in ekonomiese aktiwiteit uitgelig wat 'n verwoestende uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het.

Jag om te bewaar

Danksy meer as 40 000 lede het SA Jagters die nodige kundiges om te help met opleiding, skiet, vuurwapenlisensies, jag en bewaring. 

Els sê jag om te bewaar, is belangrik omdat dit sal verseker om 'n toekoms na te laat vir generasies, “sodat hulle ook eendag kan ervaar wat ons ervaar het”.


OFM Nuus/Elsabé Richard-May Morné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.