On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Haalbaarheidstudie gedoen vir die bou van dam in Benede-Oranjerivier

───   ELSABÉ RICHARD 14:45 Tue, 11 Jul 2023

Landbounuus: Haalbaarheidstudie gedoen vir die bou van dam in Benede-Oranjerivier | News Article
Satellietbeeld van die Oranjerivier/FOTO deur Jesse Allen, NASA Earth Observatory, using data obtained courtesy of the University of Maryland’s Global Land Cover Facility. - http://earthobservatory.nasa.gov/Newsroom/NewImages/images.php3?img_id=16951, Publieke domein, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=769576

Suid-Afrika en Namibië dra albei by tot ’n haalbaarheidstudie vir die bou van ’n dam in die Benede-Oranjerivier.

Die sewende vergadering van die Oranje-Senqu-rivierkommissie is verlede week in Pretoria gehou. Kommer bestaan reeds jare lank oor die lae vlak van die Benede-Oranjerivier tydens droë seisoene, en word ook gereeld deur Suid-Afrika en Namibië bespreek. 

Die kwik het die laaste dae op talle plekke by vyf grade benede vriespunt gaan draai. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê dagtemperature behoort deur die loop van die week te herstel.

Intussen kan die heersende koue toestande 'n nadelige uitwerking hê op vee en kwesbare gewasse. Die bibber-weer kan ook die skeer van skape verder vertraag. Die SA Weerdiens waarsku boere moet tydens die koue maande voldoende beskutting vir hul kleinvee voorsien, asook genoeg kos en water om hul gesondheid en welsyn te beskerm.

Die Departement van Landbou werk nou saam met munisipaliteite in die oprigting cab Agri-Parke, waaronder Boereproduksie Ondersteuningseenhede, Agri Hubs en landelike toegangspaaie. Hy het 'n vennootskap gesluit met die African Development Bank deur middel van 'n toekenning van amper R7,5 miljoen vir die aanstelling van 'n adviseur om te help om die Agri-Parke-program te verbeter. Twee loodsprojekte wat vir publiek-private sektor vennootskappe geïdentifiseer is, is die Tshiame Agri-Park in die Vrystaat en Springbokpan in Noordwes.

EN

Die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit in die Vrystaat, met sy Landbou- en Landelike Ontwikkelingseenheid, ondersteun bestaans- en opkomende boere in die streek met verskeie gemeenskapsgebaseerde landbouprojekte. Die vernaamste oogmerke is om gemeenskapsopheffing te bevorder, die ekonomie te verbeter, armoede uit te roei en gemeenskapslede met winsgenerering te help.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.