On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Reën oor droë dele van die Noord-Kaap verwelkom

───   ELSABÉ RICHARD 17:13 Thu, 06 Jul 2023

Landbounuus: Reën oor droë dele van die Noord-Kaap verwelkom | News Article
FOTO: Brett Sayles/Pexels.

Agri Noord-Kaap is dankbaar vir die reën wat uitgesak het oor die droë weste van die land.

Die organisasie se president, Nicol Jansen, sê veral die Richtersveld het die afgelope nege jaar swaar onder droogte gebuk gegaan.

Intussen is die geraamde totale koste van die ramp in die vloedgeteisterde Namakwa-distrik nog nie bepaal nie. Noord-Kaapse LUR vir Cogta, Bently Vass, het Woesndag aangekondig dat 'n ramptoestand in Namakwaland verklaar is, omdat  bestaande wetgewing en gebeurlikheidsreëlings onvoldoende is om plaaslike rampe doeltreffend die hoof te bied.

Dit is kommerwekkend dat E. coli in die meeste watermonsters teenwoordig is wat die afgelope maand geneem is in die Vaalrivier-stelsel. AfriForum-omgewingsakebestuurder Lambert de Klerk sê hulle het nóg watertoetse uitgevoer nadat monsters in die Vaalrivier positief getoets het vir cholera. Hy sê hulle het twee oogmerke gehad. Watermonsters is by dorpe langs die Vaalrivier geneem, en een in die rivier-stelsel.  

Veeboere in die Suidoos-Vrystaat gaan ál meer gebuk onder veediefstal. Die meeste gevalle is aangemeld in die distrikte Wepener en Van Stadensrus. Vrystaat Landbou veiligheidsrisiko-analis dr. Jane Buys sê weens oorgrensmisdaad en sy ligging na aan Lesotho is dié gebied ’n brandpunt vir landelike misdaad. Dis onseker of die gesteelde vee na Lesotho geneem word, of elders in Suid-Afrika.

EN

Lewendehawe markpryse begin 'n verbetering toon, wat as 'n groot troos beskryf word vir rooivleisprodusente. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, bring ons op die hoogte van die lewendehawe-pryse per kilogram.

OFM-nuus





@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.