On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Water vloei in Namakwaland

───   ELSABÉ DE JAGER 09:41 Thu, 29 Jun 2023

Water vloei in Namakwaland | News Article
FOTO: Verskaf.

Die oorvloedige reën in die Nasionale Namakwapark kleur vanjaar se blomseisoen al vroeg-vroeg helder in.

Die bogemiddelde reënvalsyfer die laste paar weke het gelukkig nie gelei tot enige waterskade en oorstromings nie, sê Genevieve Maasdorp, woordvoerder van SANParke. Dit maak die voorbereiding vir die blomtyd en die toerismebedrywighede makliker as vorige jare.

Ook die Ai/Ais Richtersveld-oorgrenspark, bekend as ’n bergagtige woestyngebied, kry reeds vanaf Meimaand goeie reën nadat dit sedert 2014 onder erge droogte gebuk gaan. 

Terreinbestuurder van die Richtersveld-Wêrelderfenisgebied, Aby Koopman, deel ook sy vreugde oor die milde reën. Die Droërivier loop sterk, maar ook in hierdie gebied, soos in die Namakwapark, bestaan nie ernstige vloedgevaar nie. Waarskuwings is wel uitgereik oor swak rytoestande op sommige paaie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.