On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 03 Feb 2023

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: bloemskou.co.za

Die kans op reën lyk goed vir die eerste tien dae van Februarie.

Dit beloof broodnodige verligting oor sommige gebiede wat die laaste tyd versengende hitte ervaar het. 

Toegang tot kapitaalbeleggings bly 'n uitdaging vir boere wat op 'n kommersiële skaal wil produseer. Noordwes saaiboer, Seitshiro Marumoloe, sê dis dus moeilik om tegnologies gevorderd te wees en die nodige masjinerie aan te skaf. Hy moedig jongboere aan om te volhard ondanks uitdagings .

Bloutong hou 'n ernstige gevaar in vir skaapproduksie in Suid-Afrika. Die siekte sou na verwagting in die res van die somer en vroeg in die herfs van 2023 merkbaar eskaleer. Dit is volgens die Veeartsenynetwerk se dr. Danie Odendaal, wat sê die verwagte styging in uitbrekings kan toegeskryf word aan goeie somerreën, hoë temperature en 'n akute gebrek aan inentings deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP). Hy sê bloutong is 'n aansteeklike en potensieel dodelike virussiekte. Dit word gekenmerk deur koors, oormatige speekselafskeiding en swelling van die gesig en tong.

Boere in Noordwes gaan nie net onder Eskom se beurtkrag gebuk nie, maar ook onder kragvermindering. Die algemene bestuurder van Agri Noordwes, Naudé Pienaar, sê behalwe vir die uitdagings met krag, “is swak onderhoud, swak herstelwerk en swak reaksie van Eskom af” ook 'n groot kwessie. Volgens Pienaar is dit moeilik om in hierdie stadium te kan sê wat die verliese is wat besproeiingsboere gely het, aangesien werklike verliese dalk eers gedurende strooptyd gesien sal word.

EN

Die Landbousakekamer van Suid-Afrika se Wandile Sihlobo sê dat totale vryskelding van die landbousektor van beurtkrag byna onmoontlik sal wees. Hy sê tallose voedselverwerkingsmaatskappye en plase is tegnies gekoppel aan ander gebiede en kan nie maklik van beurtkrag geïsoleer word nie. Sihlobo sê hulle het 'n opname in samewerking met die landboudepartement vrygestel om te bepaal wat die impak van beurtkrag op die landbouers is.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.