On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou se hoogte- en laagtepunte vir 2022

───   ELSABÉ RICHARD 09:00 Wed, 21 Dec 2022

Vrystaat Landbou se hoogte- en laagtepunte vir 2022 | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou/Facebook.

2022 is amper verby en die hoof-uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, Gernie Botha, deel dat daar vele hoogte- en laagtepunte was.

Hoogte- en laagtepunte

Botha sê hoewel die goeie reën aan die begin van die jaar positief was, het dit oor sekere dele te veel gereën, wat groot skade vir sommige produsente veroorsaak het.

LEES OOK: Boere in Ficksburg-omgewing ervaar uitdagings tydens strooptyd

Van die gewasprodusente het gesukkel om te stroop en betyds weer te kon plant.

Die organisasie kon ook vanjaar die jongboer-konferensie en sy jaarlikse kongres hou sonder dat daar beperkings op getalle moes wees. 

“Ons het nie gedink dat beperkings so ‘n groot rol kan speel nie. Goeie gesprekke het tydens die kongres plaasgevind met bykans net lede-insette wat deelnemers aan die kongres die kans gebied het om hul stem te laat hoor, en tot ‘n positiewe atmosfeer aanduiding gegee het,” deel Botha.

Met die baie reën moes daar van die organisasie se droogteplanne in die verlede oorgeskakel word na vloedplanne.

Die paaie in die Vrystaat, wat reeds in ‘n haglike toestand in dele van die provinsie is, is ook verder deur die neerslae versleg.

LEES OOK: Ekonoom se vooruitsigte vir landbou in 2023

“Alhoewel beurtkrag ‘n negatiewe impak op die landbousektor het, is sommige produsente meer as ander geraak en sal dit ‘n negatiewe invloed op die ekonomie bly hê.

LEES OOK: Kan ek versekering teen beurtkrag kry?

“Soos die paaie, en bykans alle infrastruktuur 'n werk in wording en sal ons steeds voortgaan om te werk vir optimale omstandighede in die landbou, en dit as ‘n mikpunt beskou.”

Wat 2023 betref, sê Botha, die organisasie is gereed vir enige uitdagings wat op sy pad kom.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.