On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Olebogeng
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Rywydtes, plantdigtheid en plantdatums van sojabone

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 28 Feb 2022

Rywydtes, plantdigtheid en plantdatums van sojabone | News Article
Foto: grainsa.co.za

Die plant van sojabone in sentraal Suid-Afrika het gedurende die afgelope paar jare dramaties toegeneem.

Volgens Wessel van Wyk, ‘n sojaboonkundige, kan die dryfveer agter hierdie gewildheid toegeskryf word aan faktore soos die goeie prys van sojabone en die feit dat dit ‘n goeie wisselbou-gewas met mielies is. 

Sien onderstaande PODCAST 


Rywydtes en platdigtheid

Van Wyk verduidelik dat sojabone aangeplant word in rywydtes wat wissel van 25cm tot 150cm. Die meeste rywydtes wissel egter tussen 38cm en 90cm. Wanneer die regte plantbevolking gebruik word, kan sojabone in enige van die genoemde rywydtes geplant word solank die spasie tussen plante in die ry nie nader as 4cm en verder as 8cm van mekaar af is nie.

Van Wyk deel dat die redenasie rondom hierdie praktyk is dat die produsent nie die planter hoef te verander waarmee hy mielies plant nie. Hy herinner produsente dat die plantbevolking die bevolking plante is wat tydens strooptyd op die land moet wees.

Faktore wat kan bydra tot die plantstand deur die seisoen, sluit in 'n swak kiempersentasie, insekte, siektes en veral onderdrukking van sekere plante. Daar moet ongeveer 20% tot 25% meer saad aangeplant word as die produsent se beoogde plantstand teen strooptyd.


Plantdatums en die plantproses

Die plantdatums van sojabone word bepaal deur die streek waarin die landery is, naamlik koel, matig of warm.

Van Wyk sê in die koeler gebiede van die land word sojabone soms so vroeg as 10 Oktober geplant, maar dat die optimale planttyd tussen 20 Oktober en 20 November is.

In die matige gebiede is die planttyd tussen 1 November en 30 November, terwyl die planttyd in die warm gebiede tussen 15 November en 15 Desember is.

Daarmee saam speel die groeilengte van die kultivar ook ‘n rol by die plantdatum van sojabone. Van Wyk voeg by dat indien kort groeiers te vroeg geplant word, kan dit al gereed wees om gestroop te word teen begin Maart, wanneer daar nog heelwat reën kan voorkom wat die stroopproses kan vertraag.

Produsente word gewaarsku om nie sojabone te laat aan te plant nie, omdat dit dieselfde tyd ryp kan word as die langer groeiers. Van Wyk raai daarom produsente aan om eerder eerste die langer groeiers te plant om ten volle gebruik te maak van die hitte-eenhede van die seisoen.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.