On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Onteieningswet: Graan SA sal na lede se belange bly omsien

───   ELZETTE BOUCHER 10:21 Wed, 12 Mar 2025

Onteieningswet: Graan SA sal na lede se belange bly omsien | News Article
Graan SA voorsitter Dereke Mathews. Foto: OFM

Graan SA sal voortgaan om sy lede se belange eerste te stel.

Derek Mathews, uittredende voorsitter, het aan die organisasie se jaarkongres op NAMPO Park buite Bothaville vertel hy wil aan die begin van sy jaarverslag graag ‘die olifant in die kamer’ aanspreek, met verwysing na die Onteieningswet.

In ’n direkte boodskap aan die media het Mathews onomwonde verklaar dat Graan SA nie die Onteieningswet soos dit tans staan, ondersteun nie. Hy het beklemtoon dat die organisasie sal voortgaan om druk toe te pas en alle wettige roetes te volg om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm.

@ofm.agri Graan SA-voorsitter Derek Mathews spreek die onteienings olifant in die kamer aan met die begin van sy verslag by #GSACongress25 #GSAKongres25 ? original sound - OFM Agri

Hy het verduidelik hy was self deel van die gesprekke en prosesse toe dit jare gelede begin is en die wetgewing in sy huige formaat strook nie met eiendomsregte nie en daar word gewag vir ‘n toetssaak voordat daar formeel deur AgriSA aksie geneem kan word.

Mathews het ernstige kommer uitgespreek oor die Onteieningswet wat onlangs deur die regering onderteken en afgekondig is. Hy sê die organisasie waaksaam bly en regstappe oorweeg om eiendomsreg te beskerm.

Al bly die Onteieningswet onderdanig aan Artikel 25 van die Grondwet, wat eiendomsreg beskerm, is daar egter onsekerheid heers oor hoe die nuwe wet geïnterpreteer en toegepas gaan word. 

Kongresgangers by die Graan SA byeenkoms op NAMPO Park buite Bothaville. Foto: OFM

“Wanneer iemand sê ons is nie bekommerd oor die Onteieningswet nie, dink ek dis ’n sagte stelling. Ons is ernstig bekommerd oor die gevolge van hierdie wetgewing.”

Hy het verder verwys na die mislukte poging in 2018 om Artikel 25 van die Grondwet te wysig, wat volgens hom ’n “ongelooflike donker tyd” sou wees indien dit geslaag het. “Artikel 25 is juis die artikel wat eiendomsreg beskerm, en ons sal alles in ons vermoë doen om dit te verdedig.”

Graan SA het bevestig hulle sal wag op ’n toetssaak om die wetgewing in die hof te laat toets voordat hulle verdere besluite neem. “Ons kan nie nou sê of die wet ’n bedreiging is of nie, totdat ons sien hoe dit toegepas en geïnterpreteer word.”

Graan SA se uitvoerende bestuur. Foto: OFM

Mathews het ook aangedui Graan SA werk  nou saam met ander landbou-organisasies, insluitend Agri SA, om seker te maak dat eiendomsreg beskerm bly. “Ons sal nie terugstaan om die regte ding vir Suid-Afrika te doen nie.”

Verder het hy Graan SA se geskiedenis van fokus op landboukwessies benadruk en gemaan dat politiek buite die vergaderkamers gelaat moet word. Hy het verwys na die stigters van die organisasie wat ’n duidelike doel gehad het om graanproduksie te hanteer.

“Toe ek die eerste keer by die raadsaal instap, was die boodskap duidelik: Hier praat ons oor besigheid, nie politiek of ander kwessies nie. Daardie fokus bly steeds die fondament waarop Graan SA gebou is.”

OFM Agri mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.