On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Oscar
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Rosyntjieboere pluk die vrugte van hul produksie

───   12:11 Mon, 07 Feb 2022

Rosyntjieboere pluk die vrugte van hul produksie | News Article

Rosyntjieboere pluk die vrugte van hul produksie, danksy 'n gesonder leefstyl as gevolg van Covid, wat definitief in ons guns tel. OFM-nuus se Lee Simmons gesels met die president van Raisins South Africa, Ferdie Botha, hieroor.

“Om jou vraag te beantwoord van hoe dit op die oomblik met die bedryf gaan, ek dink as 'n ou uit 'n boer se skoene praat, dan is 'n ou dalk bekommerd oor die seisoen op hande. Ons het redelik gestoei met die rivier wat redelik hoog geloop het en selfs plekke wat lande onder water gehad het, alhoewel dit beperk was. Ons kom ook uit 'n moeilike 2020/21-seisoen, waar die verlies aan produksie ongeveer 20% was en dan ook 'n bietjie laer pryse wat ons ervaar het oor die laaste twee jaar,” sê Botha.

“Vanuit 'n bedryfsoogpunt dink ek is daar definitief 'n paar goed om oor positief te wees - die huidige oes op hande van 'n volume oogpunt lyk baie goed”, voeg hy by. Botha sê tot en met nou was die kwaliteit redelik goed, alhoewel hulle dalk bietjie nat weer ook gehad het die afgelope ruk. Die impak van die onlangse reën, wat hierdie week geval het, kan dalk 'n bepalende faktor hier oor die volgende twee/drie weke op die kwaliteit hê, maar ek dink dis dalk nog bietjie te vroeg om op die huidige oomblik te praat," sê Botha.

Botha verduidelik meer oor hoe rosyntjieboerdery werk, deer te sê dat daar so 'n paar basiese produksiepraktyke is wat deur produsente gevolg word. “Dit begin al in die vorige kalenderjaar - hier van Julie af - waar snoei- en vleg-aksies plaasvind, dan die versorging van wingerde, dan die oes wat hier van Januarie af tot Maart plaasvind. Oor dieselfde periode word die druiwe gedroog, verskillende metodes word gebruik om verskillende droogprodukte - soos goues of Thompsons of SA sultanas - te produseer,” verduidelik hy.

“Vanuit 'n koste-oogpunt - ek dink as ons net kyk na die onlangse verhogings in brandstofpryse, verhoging in elektrisiteitspryse, verhoging in lone op die plase... lone is veral 'n wesenlike komponent van enige rosyntjieboer se produksie aktiwiteit. Die totale werksgeleenthede wat in die bedryf geskep word, is ongeveer 30 000 permanente, ekwivalente werksgeleenthede. So, ons is baie arbeidsintensief en verhogings van 14/15% het 'n enorme impak op die bedryf se kostedruk,” sê Botha.

Hy voeg by dat verkope oor die afgelope twee jaar positief was en dat die hele bedryf rondom 'n meer gesonde leefstyl sentreer as gevolg van Covid, wat definitief in ons guns tel.

“Natuurlik oor die afgelope 10 jaar of so het ons produksie van 40 na 80 000 ton verdubbel. Ons vooruitsigte is vir verdere groei en dat ons die 100 000 ton merk sal oorskry in die volgende twee jaar. Natuurlik saam met dit verg dit vir deeglike beplanning en proaktiewe aksies om harte te ontsluit en markte verder te ontwikkel waar ons reeds ons produk bemark en uitvoer,” sluit hy af.


 

OFM News/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.