On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landboubedryf moet nuwe geleenthede skep - Noordwes LUR

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:46 Wed, 26 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Landboubedryf moet nuwe geleenthede skep - Noordwes LUR | News Article
LUR van landbou in Noordwes, Desbo Mohono

Die landboubedryf moet nuwe geleenthede skep om opkomende- en kleinboere in Noordwes te ontwikkel deur middel van die vierde industriële rewolusie.


Tegnologie moet gebruik word om stabiliteit in dié bedryf te vestig. Dít was die LUR van landbou in Noordwes, Desbo Mohono, se boodskap tydens 'n provinsiale geleentheid waar jongmense aan besprekings deelgeneem het. Die tema daarvan is 25 jaar van demokrasie wat jeugaktivisme deur gesprekvoering oor ekonomiese vryheid bevorder. OFM se Olefile Vilakazi het dié besprekings, wat oor twee dae plaasgevind het, bygewoon en berig dat Mohono uitgelig het dat van die provinsiale bevolking van 3,9 miljoen mense, 50% jongmense werkloos is.  

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, moet nou verantwoordelikheid neem en 'n aksieplan vir die bedryf in plek te stel. Neo Masithela, voorsitter van die African Farmers Association of South Africa, Afasa, sê dié aksieplan vir landbou moet geskoei wees op nasionale kwessies wat die bedryf raak en deur pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede genoem is. Masithela sê verder openbare en private inisiatiewe is goed, maar die regering moet besef dat veral swart boere,  deel daarvan moet wees. Dit is waarom die eenheidsforum vir die landbou, oftewel, Asuf, in plek is.

EN

Die gemiddelde salaris, wat Suid-Afrikaners in die formele nie-landboubesigheidsektor die afgelope kwartaal verdien het, het afgeneem. Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingspeiling vir die eerste kwartaal van 2019 toon werknemers se totale bruto verdienste het op 'n kwartaalgrondslag met 5,6% tot meer as R688 miljard in Maart vanjaar gedaal. 'n FNB-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi,  sê dié opname toon ook gemiddelde maandelikse verdienste, wat bonusse en oortydbetaling insluit, het in Februarie 2019 tot meer as R20 800 per maand toegeneem. Dít teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Hy sê daarmee saam kom dit neer op 'n toename van 3,8% op 'n jaar-tot-jaar grondslag. As inflasie in berekening gebring word dui dit egter daarop dat werklike lone per werknemer in Februarie vanjaar afgeneem het. Mkhwanazi sê die verwagting is dat druk op huishoudings se besteebare inkomste gaan voortduur. Dit is sleg vir die vooruitsigte vir algehele huishoudelike verbruik.


OFM-nuus/Olefile Vilakazi

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.