On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

VS se Griekwas sê hulle wil Bethanie-grond alleen eis

───   17:09 Wed, 05 Feb 2014

VS se Griekwas sê hulle wil Bethanie-grond alleen eis | News Article
Dirk Kok - Die Vrystaatse Griekwa-kaptein Johannes Kraalshoek en die provinsie se Griekwaraad sê die departement van grondsake het met hul grondeis by Edenburg gefouteer.
Hul eis op plase en grond by die destydse Lutherse sendingstasie Bethanie moes nie met die eis van die Bloemfonteinse geskiedskrywer Raymond Beddy saamgevoeg word nie.
Beddy eis presies dieselfde grond, maar in die naam van die die Korannas.
Die Griekwaraad sê Johannes Kraalshoek onderhandel al van 1973 af dat die Griekwas hul grond terugkry. In die 1990’s het hy die eerste suksesvolle grondeis in die Vrystaat by Bethanie gehad. Beddy het eers later gekom met sy eis vir die Korannas.
Die Griekwaraad se Eugene White sê die regering moet dit regstel. Die twee eise hoort nie saam nie.
Dié grondeis op 18 000 hektaar sluit verskeie plase, Sanral-grond langs die N1,Transnet-grond en kerkgrond in.

Podcasts

Eugene White:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.