On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Mielie-vooruitsigte lyk goed in Oos-Vrystaat

───   12:39 Wed, 31 Oct 2012

Mielie-vooruitsigte lyk goed in Oos-Vrystaat | News Article
Pieter Möller

Heilbron - Toestande vir aanplantings en oeste in die Oos-Vrystaat lyk weer goed. Dit, volgens Tommy Esterhuyse, Vrystaat Landbou-streekverteenwoordiger vir die Parys-, Koppies-, Heilbron- en Edenville distrikte.

Droë toestande en veldbrande na die winter het aanvanklik 'n demper op landbouvooruitsigte geplaas.

Esterhuyse sê baie van die veld wat totaal afgebrand het, het weer goed herstel na die afgelope tien dae se reën en boere is optimisties vir 'n goeie seisoen.

Volgens Esterhuyse het tot 80mm reën in sekere dele uitgesak en is mielie-aanplantings se vooruitsigte goed. Hy sê die vlak van riviere en veral gronddamme lyk goed.



Podcasts

Tommy Esterhuyse:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.