On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Inspiration

Oostenrykse sjef sweef deur kombuis ná ongeluk

───   12:25 Fri, 30 Aug 2024

Oostenrykse sjef sweef deur kombuis ná ongeluk | News Article
Sjef Peter Lammer en sy vriend Bernhard Tichy. Foto: Facebook

“Ons het lank daaraan gewerk en dit oor tyd getoets totdat ons die optimale oplossing gevind het.”

’n Oostenrykse sjef, wat amper alle beheer oor sy bene verloor het, is weer goed op dreef in die kombuis danksy ’n briljante plan van ’n vriend, berig die Good News Network.

Tien jaar gelede was sjef Peter Lammer (57) in ’n ernstige motorfietsongeluk betrokke en sy beserings het hom sonder die gebruik van sy bene gelaat. Selfs ná talle kursusse fisioterapie, is hy steeds as 80% gestremd beskou.

’n C-vormige metaalhaak wat van stel relings van die plafon af hang, laat sjef Peter Lammer van Salzburg letterlik deur die kombuis sweef, terwyl sy hande vry is om te produkte te kap, blokkies te sny, vleis te verwerk, potte rond te skuif en soveel meer. Foto: Skermgreep

Behalwe vir die ondenkbare pyn en geestelike spanning, was sy finansiële toekoms hopeloos en grootliks bedreig. Lammer se liefde vir sy gesin, asook sy passie vir sy werk, het Bernhard Tichy (57), ’n vriend van hom, geïnspireer om ’n plan te maak.

‘Hang my op’

“ ‘Hang my op’, het Peter vir my gesê.” Tichy onthou hierdie gesprek in 2016. Dit was die begin van ’n uitgerekte, suksesvolle projek. “Ons het lank daaraan gewerk en dit oor tyd getoets totdat ons die optimale oplossing gevind het.”

Tichy het ’n nabygeleë avontuurglybaan (zipline) bestuur en het ’n begrip gehad van hangbewegings. Saam het hulle Standing Ovation ontwikkel, ’n unieke toestel waarmee gestremde gebruikers gemaklik op ’n fietsstoel aan die punt van ’n groot haak kan sit. 

Dié haak hang aan ’n reling aan die plafon, wat die gebruiker in staat stel om op en af in die werkplek te sweef.

Die gebruiker se bolyfgewig word via die toestel na Standing Ovation oorgedra en sodoende bly hul hande vry vir werk. Wanneer vragte opgetel word, word enige bykomende gewig deur ’n veerstelsel in die toestel oorgeneem en is daar geen bykomende spanning op die bene nie.

Met Standing Ovation kan Lammer ’n pot van die stoof af trek, en met ’n klein beweging van sy been in die kombuis na die voorbereidingstasie gly, berig Reuters.

“Al die kundiges het gesê dat ek nooit weer staande ’n werk sal kan doen nie,” sê Lammer uit die kombuis van die Salzburg-restaurant “Johanneskeller im Priesterhaus”.

Nou berei Lammer maaltye voor, insluitend vars vis uit die nabygeleë Königssee-meer, terwyl hy op ’n fietssaal deur sy kombuis sweef.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.