On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Food

What’s on the menu - Scrambled Flapjacks

───   07:30 Fri, 19 Jul 2024

What’s on the menu - Scrambled Flapjacks | News Article

Nog ’n week, nog ’n maklike resep van Sjef Maradine. Hierdie week maak ons ... “scrambled flapjacks”!

Bestanddele

2 eetlepels ongesoute botter, kamertemperatuur

2 eetlepels suiker

4 eiers, geskei

1 knippie sout

2 koppies koekmeel

1 koppie melk

1 eetlepel ongesoute botter (weer)

1 eetlepel suiker (weer)

1 teelepel gemaalde kaneel

2 koppies vrugte (in happiegrootte stukke gesny)

Aanwysings

Verroom die 1ste 2 eetlepels botter, voeg dan, een ná die ander, die suiker, eiergele, sout, meel en melk by. Klits eierwitte tot styf en vou dit dan versigtig by die beslag in.

Smelt die laaste eetlepel botter in ’n groot pan, gooi die beslag op die botter, braai dit 3 tot 4 minute aan elke kant tot goudbruin.

Met 2 vurke, kap die pannekoek op.

Meng die 1 eetlepel suiker & 2 teelepels kaneel saam.

Sit voor op ’n warm bord, strooi kaneelsuiker oor en versier met stukkies appel, kersies of ander vrugte, gedroog of vars.

OFM

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.