On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Food

Geraldine Mong as Good Morning Breakfast se Melktertmeester gekroon!

───   10:59 Thu, 27 Feb 2025

Geraldine Mong as Good Morning Breakfast se Melktertmeester gekroon! | News Article

Die soektog na die beste melktertresep in Sentraal Suid-Afrika het sy hoogtepunt bereik toe Geraldine Mong van Bethlehem as die wenner van die Good Morning Breakfast se Melktertmeesters aangekondig is!

Haar familieresep het die beoordelaars se smaakkliere laat bokspring en vir haar ’n R3 000-kruideniersware-koopbewys besorg.

“Hierdie resep is al jare in my familie en dit is die enigste melktertresep wat ons gebruik!” sê Geraldine trots.

Hier is haar wenresep, perfek vir elke melktertliefhebber:

Bestanddele vir kors:

  • 2 eiers
  • ¾ koppie botter
  • ½ koppie suiker
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout

Metode: Klits eiers, botter en suiker saam. Sif droë bestanddele by en meng. Druk in gesmeerde tertpan en bak teen 180 °C tot ligbruin.

Bestanddele vir vulsel:

  • 4 koppies volroom melk
  • 4 eiers (geskei)
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 6 eetlepels Maizena
  • ¾ koppie suiker
  • 1 eetlepel botter
  • 1 teelepel vanieljegeursel

Metode: Meng eiergele met bietjie melk. Voeg koekmeel, Maizena en suiker by en roer tot glad. Bring melk tot kookpunt en voeg mengsel stadig by terwyl jy aanhoudend roer. Kook tot dik, voeg botter en vanielje by. Klits eierwitte tot styf en vou versigtig in. Gooi oor kors, strooi kaneel oor en laat afkoel in die yskas.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.