Food
What's on the Menu – Twee heerlike winterslaaie─── 17:23 Thu, 02 May 2024

Sjef Maradine gee vir ons wonderlike winterslaairesepte.
Hoenderslaai
Bestanddele
2 hoenderborsies met die vel
2 eetlepels olyfolie
2 knoffelhuisies, in stukke gesny
100 ml hoenderaftreksel
300 g botterbone, afgespoel en gedreineer
1 suurlemoen, sap
100 g babaspinasie,
Bietjie dille, fyn gekap
1 kop radicchio, grof gekap
15 g parmesaan, fyn gerasper
Hoenderslaai. Foto verskaf
Metode
Smeer die hoender met 1 eetlepel olyfolie en geur goed. Verhit 'n braaipan oor matige hitte en braai die hoender, met die velkant na onder, tot die vel goudbruin is, sowat 8-10 minute. Draai om en braai vir 'n verdere 8-10 minute tot gaar. Sit eenkant op 'n bord om vir 5 minute te rus en sny dan in stukkies.
Gooi die knoffel, aftreksel en botterbone in die pan en prut liggies vir 'n paar minute totdat die aftreksel amper heeltemal verminder het. Verwyder van die hitte en geur.
Meng die suurlemoensap met die spinasie in 'n bak. Masseer die sap met jou hande in die blare in totdat die blare sag is, sowat 2-3 minute. Gooi die dille, radicchio, parmesaan en res van die olyfolie by. Geur goed en plaas op 'n opdienbord. Gooi nou die bone en hoender by.
Halloumi-slaai
Bestanddele
2 groot lemoene
1½ eetlepel volgraanmosterd
1½ teelepel heuning
1 eetlepel witwynasyn
3 eetlepels olyfolie, plus ekstra vir braai
2 groot geskilde wortels
225 g blok halloumi, in skywe gesny
100 g roket en babaspinasie
Metode
Skil die lemoene. Gebruik 'n klein getande mes om die lemoen in stukkies te sny. Doen dit oor ’n bak om die sap op te vang, Voeg die mosterd, heuning, asyn, olie en bietjie geurmiddels by en meng goed.
Halloumi-slaai. Foto verskaf
Gebruik 'n groenteskiller om wortels in repies te sny. Verhit 'n bietjie olie in 'n braaipan en braai die halloumi vir 'n paar minute tot goudbruin aan albei kante. Meng die rocket en wortels saam en plaas op borde. Plaas die halloumi en lemoenstukkies bo-op.
OFM dg