Food
What's on the menu – Heerlike burgersous─── 17:35 Thu, 25 Jan 2024
Sjef Maradine leer ons hoe om 'n heerlike burgersous te maak.
Bestanddele vir sous
1/2 koppie mayonnaise
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel geel mosterd
3 eetlepels gekapte piekels (plus ekstra vir garnering, opsioneel)
2 teelepels appelasyn
2 teelepels gekapte vars dille
Metode
Meng die bestanddele baie goed.
Bestanddele vir patties
1 kg maalvleis genoeg vir 8 porsies
Sout, na smaak
Swartpeper, na smaak
Worcestersous/spesery
knoffelpoeier, opsioneel
Gerasperde ui
Mosterdpoeier
Metode
Sit 'n pan op medium/hoë hitte.
Meng al die bestanddele.
Plaas 2-4 patties op warm rooster.
Werk vinnig, plaas perkamentpapier oor die vleis en druk plat.
Voeg 1/2 teelepel burgersous by.
Rooster 2 minute tot geskroei en vleissap begin uitloop.
Draai die patties om en rooster vir nog 1 minuut.
Plaas kaas op een pattie en sit dan nog ’n pattie op.