On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Food

What's on the menu - Vla-kluitjies

───   17:23 Thu, 10 Aug 2023

What's on the menu -  Vla-kluitjies | News Article

Hierdie week maak sjef Maradine vir ons ’n smullekker nagereg!

Bestanddele:

30 ml mielieblom

30 ml koekmeel

45 ml vlapoeier

45 ml suiker

1 ml sout

2 groot eiers, geskei

1 liter melk

60 g gesmelte botter

kaneelsuiker

Metode:

Meng mielieblom, meel, vla, sout en suiker saam.
Klits eiergele met ’n bietjie melk en roer by meelmengsel.
Verhit melk en bring tot kookpunt.
Roer eiermengsel by en roer tot dit dik word. Haal van stoof af en laat afkoel.


Klits eierwitte styf en roer by koue vlamengsel
In ’n oondbak strooi kaneelsuiker doop ’n lepel in gesmelte botter om te verhoed dat mengsel vassit,  skep lepels  vol in oondbak.  
Strooi kaneelsuiker en skep weer ’n laag hou aan tot alles klaar is eindig met kaneelsuiker.

Bak 180 C  vir 30 min

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.