On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Food

What's on the menu: Heerlike patatgebak

───   17:25 Thu, 01 Dec 2022

What's on the menu: Heerlike patatgebak | News Article
Heerlike patatgereg.

Sjef Maradine gee hierdie week vir ons 'n resep vir 'n heerlike patatgereg vir ons Kersmiddagete.

BESTANDDELE

2 eetlepel olyfolie

3 rashers-spekvleis, grof gekap

600g patats, baie dun gesny

1 koppie (240g) ricotta

1 koppie (250 ml) klappermelk

1 teelepel gemaalde neutmuskaat

METODE

1. Voorverhit oond tot 200°C en smeer 'n oondvaste bak met 'n kapasiteit van 8 koppies liggies. Verhit die olie in 'n groot braaipan oor medium hitte. Voeg die spek by en kook, roer af en toe, tot bruin. Haal uit pan en hou eenkant.

2. Voeg die patatskywe in sarsies by die braaipan en kook vir 2 minute aan elke kant of tot liggies goudbruin. Plaas die spek en die patats oor na die oondbak.

3. Plaas die ricotta, klappermelk en neutmuskaat in ’n bak en klits tot glad. Geur met sout. Gooi die patat-en-spekmengsel oor.

4. Plaas oor na die oond en bak vir 20-25 minute, tot liggies goudbruin bo-op. Bedien dadelik.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.