On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek ingestel ná Klerksdorp-baba by kleuterskool brand

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:50 Fri, 07 Feb 2025

Ondersoek ingestel ná Klerksdorp-baba by kleuterskool brand | News Article
Die babaseuntjie wat met kookwater gebrand het. Foto: Klerksdorp Rekord

Klerksdorp-polisie ondersoek of iemand nalatig was nadat ’n babaseuntjie ernstige brandwonde opgedoen het toe hy ’n beker kookwater in sy kleuterskool omgestamp.

Benewens die ondersoek na nalatigheid word ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en ’n klag van kinderverwaarlosing ook ondersoek, sê kol. Adele Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder. 

“Die kleuterskool werk ten volle saam met die ondersoek en het kringtelevisie-beeldmateriaal vir die ondersoekbeampte gegee. ’n Forensiese span was ook op die terrein om die klaskamer te fotografeer.”

‘Seuntjie se gesig, nek, skouers, bors en maag is erg gebrand’

Die voorval het in ’n kleuterskool in Wilkoppies plaasgevind. Volgens Myburgh het die baba se ouma, wat vir sy versorging verantwoordelik was, versoek dat nie haar of haar kleinseun se identiteit bekendgemaak word nie.

Luidens die polisieverslag het sy die kind op 16 Januarie om 06:45 by die skool afgelaai. “’n Kwartier later het hulle gebel oor haar kleinseun wat brandwonde opgedoen het en onmiddellike mediese aandag nodig gehad het.”

Myburgh sê die seuntjie se gesig, nek, skouers, bors en maag is erg gebrand, en daar is dadelik met hom na die Wilmedpark-hospitaal gehaas.

Foto ter illustrasie: Canva

Die kookwater was glo vir ’n bababottel bedoel, maar die seuntjie het dit oor homself omgekeer. Dis onbekend waar die kookwater gestaan het of hoe hy dit in die hande gekry het.

Ná etlike dae in die hospitaal sterk hy nou by die huis aan. “Hy sal later vandeesweek weer ’n plastiese chirurg spreek,” sê Myburgh. “Sodra die afhandel voltooi is, sal die bevindings aan die staatsaanklaer voorgelê word vir moontlike vervolging.”

Wanneer ’n kind brandwonde weens kookwater opdoen, is onmiddellike en toepaslike noodhulp noodsaaklik om die erns van beserings te verminder.

‘Vermy die gebruik van ys’

Aanbevole stappe van HealthyChildren.org:

  • Verwyder die kind vinnig en rustig van die bron van die brand om nog besering te voorkom.
  • Hou die aangetaste gedeelte minstens 20 minute onder koel (nie koue nie), lopende water. Vermy die gebruik van ys, yswater of vetterige stowwe, aangesien dit die besering kan vererger.
  • Trek versigtig enige klere naby die brandplek uit, tensy dit aan die vel vassit. Dit help om komplikasies te voorkom as swelling voorkom.
  • Ná afkoeling, bedek die brandwond losweg met ’n steriele, kleefvrye verband of skoon lap om dit teen infeksie te beskerm.
  • Kontak nooddienste of neem die kind na die naaste mediese instelling, veral as die brandwond groter as die kind se hand is.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.