On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe wêreldrekord behoort (dalk) eersdaags aan Vanderbijlpark-pa

───   KAREN VAN DER BERG 13:21 Thu, 16 Jan 2025

Nuwe wêreldrekord behoort (dalk) eersdaags aan Vanderbijlpark-pa | News Article
Sy gesin is sy grootste ondersteuners. Hulle is van links, sy seun Liam, Clive, sy dogter Leah en vrou Benita. Foto verskaf

Hy gaan vir 60 ure, oftewel 36 000 minute of 216 000 sekondes, poog om aaneen krieket te oefen.

Só vertel Clive Behr (26) van Vanderbijlpark. Dié onderwyser aan die Hoër Tegniese Skool Carel de Wet gaan poog om die staande rekord van 50 ure, 14 minute en 36 sekondes, wat in die Guiness World Records opgeteken is, te breek. En hopelik sakke vol geld op dié manier vir liefdadigheid in te samel.

‘Ek het toe al besluit om dit eendag te probeer doen’

Behr sê hy speel al vir die afgelope 15 jaar krieket. “Ek het die rekord in 2012 in die skool se boeksentrum in die Guiness World Record boeke ontdek. Ek het toe al besluit om dit eendag te probeer doen.”

Hy was nog altyd mal oor krieket en het ’n passie daarvoor. Hy sê ’n mens moet ouer as 18 wees om so iets te doen.

Die lewe het intussen sy verloop geneem en November verlede jaar kon hy uiteindelik daarvoor inskryf en is hy goedgekeur.

Clive en sy seun Liam. Foto verskaf

Hy moes vir hulle ’n e-pos van motivering stuur. Hulle het op 10 Januarie goedkeuring gegee. Die gebeurtenis vind vanaf 4-6 April by die Dick Fourie-stadion in Vereeniging plaas.

 “Hoewel ek die oefening alleen gaan aanpak is daar mense wat gaan help om vir my te boul en tyd te hou.” Hy sê die geld gaan vir drie kinderhuise en die krieketklub gaan help om hulle die naweek te betrek en hulle daar te kry.

Baie kinderhuise sukkel

Daar gaan ook pryse wees en hy doen ’n beroep om besighede om hom te ondersteun om dit ’n sukses te maak.

Clive Behr van Vanderbijlpark. Foto verskaf

Hy sê die bestuur van Vereeniging se krieketklub doen baie liefdadigheid en dit beteken net baie meer om geld te samel en dit aan die rekord te koppel. Baie kinderhuise sukkel met dakke wat lek en infrastruktuur wat ingee.

“Dit is goed om hulle te help. Ek doen dit ook as nalatenskap vir my vrou en kinders.”

Behr gaan na elke uur ’n breuk van vyf minute neem.  Daar moet ook rekord gehou word van elke bal wat gebou word en alles moet op video vasgelê word.

OFM Nuus/Karen van der Berg cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.