On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Rouxville: Saak van vier verdagtes in plaasmoord uitgestel

───   ZENANDE MPAME 15:45 Mon, 13 Jan 2025

Rouxville: Saak van vier verdagtes in plaasmoord uitgestel | News Article
Die saak van die vier verdagters in die Rouxville-plaasaanval is uitgestel. Foto: Facebook

Die verdagtes in ’n Goedemoed-plaasaanval in Rouxville se saak is tot 30 Januarie uitgestel.

Die verdagtes het Maandag (13/1) in die landdroshof verskyn. Hul identiteit mag eers bekend gemaak word nadat hulle skuld op die aanklag van verkragting beken het. 

Benewens huisbraak, moord en verkragting is die verdagtes ook aangekla van die besit van gesteelde goedere, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

“Drie vroue en een man het in die Rouxville-landdroshof vir ’n borgtogaansoek verskyn,” sê Mojalefa Senokoatsane, Vrystaatse NVG-woordvoerder.

Die Rouxville-landdroshof  in die Vrystaat. Foto: Heidré Malgas

“Een van die verdagtes staan tereg op twee aanklagte van moord nadat sy beken het dat sy ook haar niggie (2) vermoor het.”

Die verdagtes het op Saterdag 7 Desember ’n boer (52) naby Goedemoed geskiet. Sy vrou (45) is ontvoer en is gedwing om geld in verskillende dorpe by kitsbanke te onttrek.

Sy het vroeg Sondagoggend 8 Desember daarin geslaag om ’n boodskap vanaf haar selfoon te stuur. 

‘Haar kêrel is in ’n skietgeveg met die polisie dood’

“Die gesteelde voertuig wat tydens die ontvoering gebruik is, is op ’n plaas in die Tierpoort-omgewing opgespoor. Dit is deur die Bloemfonteinse polisie teruggevind met die verdagtes en die boer se vrou steeds binne,” sê Lorraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die vrou (21) wat van dubbele moord aangekla is, het beken dat sy en haar kêrel (28) die kind dieselfde naweek gemartel en vermoor het. Haar kêrel is later in ’n skietgeveg met die polisie dood. 

Sy het gesê dat hulle die kind op Vrydag 6 Desember van Reddersburg na Goedemoed geneem het. Onderweg het haar kêrel die kind herhaaldelik aangerand en geskop. 

Hulle het die bewustelose kind net daar gelos. “Verdere ondersoeke het die polisie na die biologiese ma van die kind in Reddersburg gelei,” sê Earle.

OFM News/Zenande Mpame mvh/dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.