On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse kliniek weier glo om bejaarde te help

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:25 Fri, 03 Jan 2025

Vrystaatse kliniek weier glo om bejaarde te help | News Article
Die bejaarde man lê op die grond nadat die kliniek hom glo nie wou help. Foto: Facebook

‘n Kliniek in die Vrystaat kom onder skoot nadat ’n siek bejaarde glo weggewys is.

Die Mangaung University Community Partnership Programme (MUCPP) in Phelindaba, Bloemfontein, het glo Donderdagaand (2/1) ’n bejaarde man by die instelling weggewys wat dringend hulp nodig gehad het.

In ’n Facebook-inskrywing deur Vuyolwam Majuba wat wyd gedeel word, vertel hy dat hy omstreeks 21:00 op ’n ontstellende toneel by die MUCPP-kliniek afgekom het.

“’n Siek bejaarde man het buite die kliniek se hek gelê met sy kinders aan sy sy, merkbaar hulpeloos. Die hekke was gesluit, en toe ek die veiligheidswag vra hoekom, het sy prontuit gesê: ‘Ons help net vroue wat kraam.’”

Vuyolwam Majuba. Foto Facebook

Hy bevraagteken die kliniek se verbintenis daartoe om die gemeenskap te dien, en vra aanspreeklikheid en beter gesondheidsorgdienste.

In reaksie hierop klaar die MUCPP sy werksure en omvang van sy dienste uit. Die kliniek is oop van 07:00 tot 19:00 vir algemene dienste, maar kraamdienste is deurentyd beskikbaar, sê Mondli Mvambi, Vrystaatse gesondheidswoordvoerder. 

Die instelling beklemtoon dat openbare bewusmakingsveldtogte oor sy bedrywighede sedert Junie aan die gang is.


“Wat noodgevalle betref, herinner die MUCPP inwoners daaraan om die Bophelo-app te gebruik of *134*1234# vir ambulansdienste te skakel.”

Mvambi sê die pasiënt is reeds na die Pelonomi-hospitaal oorgeplaas.

OFM Nuus/Charne van der Merwe

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.