On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisiesersant, medepligtige wéér vas vir dwelmbesit

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:01 Fri, 20 Dec 2024

Vrystaatse polisiesersant, medepligtige wéér vas vir dwelmbesit | News Article
Foto: iStock

’n Vrystaatse polisiesersant en ’n medepligtige word gedagvaar om vroeg volgende jaar in die hof te verskyn nadat hulle weer vir die besit van dwelms aangekeer is.

Die sersant (41), wat by die teenbende-eenheid werk en die vroulike medepligtige (32) is Donderdag (12/9) weer deur speurders van Welkom se eenheid vir georganiseerde misdaad in hegtenis geneem, net sewe maande ná hul aanvanklike inhegtenisneming vir dwelmoortredings, sê lt.kol. Zweli Mohobeleli, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die Valke het die verdagtes reeds in Mei aangekeer nadat ’n deursoekingslasbrief by die sersant se woning uitgevoer is.

‘Die verdagtes is egter vrygelaat’

Volgens Mohobeleli het beamptes tydens die soektog op 14 mandraxtablette afgekom. Die verdagtes is egter vrygelaat, terwyl die polisie op die uitslag van ’n forensiese verslag gewag het.

Mohobelel sê die saak word steeds ondersoek. Die twee verdagtes sal op 15 Januarie in Hennenman se landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.

Intussen sou ’n Nigeriër (44) en ’n Suid-Afrikaner (33) Vrydag (20/12) voor die Lichtenburgse landdroshof verskyn in verband dwelmhandel. Die plaaslike vrou staan ook tereg op aanklagte van korrupsie omdat sy na bewering ’n polisiebeampte probeer omkoop het.

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto verskaf

Tinyiko Mathebula, provinsiale Valke-woordvoerder, het vroeër aan OFM-nuus gesê die egpaar is Woensdag (18/20) in hegtenis geneem deur ’n gesamentlike taakspan wat bestaan het uit die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die provinsiale dwelmtaakspan, en Lichtenburg se honde-eenheid in hegtenis geneem.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle betrokke was by die onwettige besit en handel van dwelms.

‘Beslag gelê op mandraxtablette, tik en plastiekhouers gevul met khat’

Volgens Mathebula het die polisie ’n wenk ontvang dat die Nigeriese verdagte na bewering dwelms op Lichtenburg snous. “Die polisie het toe ’n hinderlaag opgestel, wat gelei het tot die inhegtenisneming van die twee individue tydens ’n beheerde transaksie waarby R40 000 se dwelms betrokke was.”

Mathebula sê daar is tydens die operasie beslag gelê op 649 mandraxtablette, 40 pakkies tik en deursigtige plastiekhouers gevul met khat. 

Toe beamptes later die Nigeriër se huis deursoek, het hulle op tik van R15 000 en R6 000 se khat afgekom, waarop hulle beslag gelê het as bewysstukke.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.