On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kapenaar dood op sypaadjie gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:39 Fri, 20 Dec 2024

Noord-Kapenaar dood op sypaadjie gevind | News Article
Die liggaam is in Bultfonteinweg, Kimberley, gekry. Skermskoot: Google Maps

’n Noord-Kaapse man wat dood op ’n sypaadjie gevind is, is steeds nie geïdentifiseer nie.

Die polisie se eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade is besig met ’n geregtelike doodsondersoek ná die dood van ’n onbekende man, sê lt.kol. Sergio Kock gesê, polisiewoordvoerder. 

“’n Verbyganger het Donderdag (19/12) omstreeks 09:30 die oorledene gevind waar hy op die sypaadjie oorkant die Shell-vulstasie in Bultfonteinweg gelê het.”

‘Oorledene het ’n grys T-hemp en grys broek aangehad’

Volgens Kock is die oorledene in sy dertigs, donker van gelaat, met kort swart hare. Hy is ongeveer 1,6 m lank en skraal. “Die oorledene het ’n grys T-hemp en grys broek aangehad met ’n rooi pet en swart sandale is langs hom gevind.”

Enigiemand met inligting kan speurkonst. Thabang Kamolane by 082 302 0407 kontak. Die ondersoek duur voort.

‘Die man is noodlottig getref en het ernstige beserings opgedoen’

In ’n afsonderlike voorval soek die polisie na die naasbestaandes van Vrystaatse man wat na bewering deur ’n motor raakgery is. Die voetganger se liggaam is Saterdag (14/12) omstreeks 18:10 op die R73 gevind naby Hani Park, Bronville.

Polisiewoordvoerder sers. Mahlomola Kareli het vroeër aan OFM Nuus gesê die man is noodlottig getref en het ernstige beserings opgedoen.

Die oorledene is in sy vroeë vyftigs met kort grys hare en ’n grys baard. Ten tyde van die voorval het hy ’n maroen T-hemp en blou broek aangehad.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.