On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Welkom-slagoffer van tref-en-trap nog nie uitgeken

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:44 Fri, 20 Dec 2024

Welkom-slagoffer van tref-en-trap nog nie uitgeken | News Article
Foto: iStock

’n Middeljarige man wat op die Vrystaatse Goudveld doodgery is, is steeds nie geïdentifiseer nie.

Bronville se polisie vra mense moet hulle help om die man uit te ken wat Saterdag (14/12) noodlottig raakgery is, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die voetganger se liggaam is omstreeks 18:10 op die R73 naby Hani Park, Bronville, gevind. Hy het ernstige beserings opgedoen, sê Kareli. Hy het reeds gesterf toe polisiebeamptes hom bereik.

Die voetganger se liggaam is naby Hani Park, Bronville, gevind. Foto ter illustrasie: Canva

Die oorledene het ’n maroen T-hemp en blou broek gedra. Hy is middelmatig gebou, het kort grys hare en ’n grys baard, en word in die vroeë vyftigerjare geskat.

Enigiemand met inligting kan sers. Hennita Motaung, ondersoekbeampte van die Bronville-speurdiens, by 072 124 0441 of Bronville se polisiekantoor by 057 910 9928 bel.

In ’n aparte saak vra Bethlehem se polisie die publiek moet hulle help om drie persone van belang uit teken.

‘Drietal kan help in ’n ondersoek ná ’n huisroof’

Beamptes glo die drietal kan help in ’n ondersoek ná ’n huisroof vroeër vandeesmaand, sê ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, toe slagoffers van hul selfone beroof is in ’n woonstel op Bethlehem.

Enigeen met inligting kan die plaaslike speurafdeling by 082 554 3450 bel.

Gebruik in albei gevalle die MySAPS-app vir anonieme wenke of bel Stop Misdaad by 08600 10111.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.