On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Stilfontein: Nog versoeke terwyl zama-zamas steeds opduik

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:32 Wed, 11 Dec 2024

Stilfontein: Nog versoeke terwyl zama-zamas steeds opduik | News Article
Uitgediende Stilfontein-mynskag. Foto: Skermgreep

Onwettige mynwerkers wat in uitgediende Stilfonteinse mynskagte skuil, vra steeds dat meer items ondergronds aan hulle gelewer word.

Luidens berigte het nog ’n onwettige mynwerker Dinsdag (10/12) opgeduik met ’n brief van sy makkers ondergronds waarin hulle tabak en nog kruideniersware vra. 

’n Brief van die zama-zamas in Stilfontein. Foto verskaf

Intussen kry Operasie Vala Umgodi, wat mynskagte wil seël en die voorsiening van voorrade beperk om onwettige myners boontoe te dwing, die wind van voor. Kragtens ’n hofbeslissing ten gunste van gemeenskapsorganisasies mag basiese benodigdhede aan die zama-zamas gelewer word.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, is bekommerd oor die ongereguleerde verskaffing van goedere aan onwettige mynwerkers. Hy meen dit stel hulle in staat stel om onbepaald die gereg te ontduik en ondermyn die doelwitte van die owerheid en polisie se optrede.

Inwoners meen weer die reg op die lewe geld vir almal, ook onwettige mynwerkers. Aktivis Johannes Qankase beklemtoon die gemeenskap se verbintenis daartoe om mynwerkers te help om hul kragte te herwin sodat hulle boontoe kan kom.

“Ons is hier om te help, maar ons sal luister na buitensporige eise nie. Die doel bly om hulle aan te moedig om uit te kom,” sê Qankase.

Die owerheid en wetstoepassingsagentskappe kom tans onder skoot van gemeenskapsorganisasies wat hulle beskuldig van ontoereikende pogings om die probleem op te los. Aktiviste vra beter samewerking en belegging in hulpbronne.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.