On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Herstelwerk aan Hoogland-watertonnel goed op dreef

───   05:30 Thu, 05 Dec 2024

Herstelwerk aan Hoogland-watertonnel goed op dreef | News Article
Herstelwerk aan Hoogland-watertoneel vorder na wense. Foto: Zenande Mpame

Waterverbruikers en inwoners langs die Nuwejaarspruit en Wilgerivier word gewaarsku om beweegbare toerusting soos besproeiingspompe te verwyder voor water op 15 Desember uit die betreklik vol Sterkfonteindam na die Vaaldam vrygestel word.

Die Vaaldam staan op net 28,2% en daal weekliks met twee persentasiepunte, sê die departement van water en sanitasie. Dis veral weens die lae invloei as gevolg van die sluiting van die Lesotho-Hoogland-waterprojektonnel vir onderhoudswerk. Dit duur sowat drie tot vier dae voor water van die Sterkfonteindam die Vaaldam bereik.

Dié toneel gelei jaarliks 780 miljoen m³ water na die Vaalrivierstelsel, maar is vir ses maande van 1 Oktober tot 31 Maart vir instandhouding gesluit. Die departement van water en sanitasie hou die vordering van die herstelwerk dop en is tevrede dat dit binne die beplande tydperk voltooi sal word.

Die departement hou ook ’n oog oor watervoorsiening na die plaaslike munisipaliteite Dihlabeng, Nketoane en Mafube, wat langs die Liebenbergsvlei en Wilgerivier is. Sommige dorpe in Setsoto en Mantsopa in die Vrystaat trek gewoonlik water uit die Caledonrivier, terwyl ander dit kry uit die Vaal- en Renosterrivier. 

Die droë Lesotho-Hoogland-tonnel. Foto: Zenande Mpame

Hulle vind indirek baat by die Lesotho-Hoogland-waterprojek; daarom sal die departement ook let op hul watersituasie.

Die departement sê hy het die munisipaliteite help voorsorg tref deur opknapping van hul watersuiweringsaanlegte en rouwaterpompe, die verbetering van onttrekkingsaanlegte, die bou van nuwe opgaardamme en die sink van boorgate.

Goeie nuus is dat daar geen onderbreking in watervoorsiening aan Randwater en die munisipaliteite van Gauteng en ander provinsies wat Randwater se klante is, behoort te wees nie. Munisipaliteite moes wel waterbeperkings instel, veral om besproeiing in hul gebied te reguleer.

Dié toneel gelei jaarliks 780 miljoen m³ water na die Vaalrivierstelsel. Foto: Zenande Mpame

Die departement het waterbeperkings vir boere van 1 Oktober tot 31 Maart in die Staatskoerant  gepubliseer. Daarvolgens mag watergebruikers op die linkeroewer van die As- en Liebenbergsvleirivier water onttrek van 06:00 tot 06:00 op Maandae, Dinsdae en Woensdae en op die regteroewer mag water onttrek word van 06:00 tot 06:00 op Woensdae, Donderdae en Vrydae.

Die departement, in samewerking met die betrokke munisipaliteite, reël deurlopend opvoedingsprogramme en bly in gesprek met gemeenskappe om verantwoordelike watergebruik en -besparing aan te moedig, veral tydens die tonnelsluitingstyd.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.