On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Wat om nié in eindeksamen te doen nie

───   15:31 Tue, 22 Oct 2024

Wat om nié in eindeksamen te doen nie | News Article
Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het interaksie met Grassland-matrikulante gehad voordat hulle hul eerste vraestel in die 2024 NSS-eindeksamen geskryf het. Foto: Facebook

Die gevreesde matriekeindeksamen is eindelik hier, maar soos op elke ander lewensterrein in Suid-Afrika slaan misdadigers ook hier toe.

“Terwyl die meeste leerders daarna streef om uitnemendheid met integriteit te bereik”, is dit noodsaaklik om hierdie probleem die hoof te bied, sê die privaat speurder Mike Bolhuis

Bolhuis sê dis belangrik om bewus te wees van dié oortredings.

  • Dit is streng verbode om ongemagtigde items soos aantekeninge, handboeke of selfone in die eksamenlokaal in te bring. Selfs net die besit van sulke items, al word dit nie gebruik nie, kan tot diskwalifikasie lei.
  • Die gebruik van ’n selfoon of enige elektroniese toestel om inligting te bekom of te kommunikeer gedurende ’n eksamen, word as oneerlikheid beskou.
  • As iemand anders ’n eksamen namens ’n kandidaat aflê, kan die student én die ander persoon aan kriminele aanklagte blootgestel word.
  • Om vals inligting oor jou identiteit of kwalifikasies vir die eksamen te verskaf, word as bedrog beskou.
  • Om antwoorde van ’n ander student af te skryf, of ander toe te laat om jou antwoorde af te skryf, is streng verbode, insluitend enige vorm van kommunikasie tydens die eksamen.
  • Om omkoopgeld aan eksamenbeamptes aan te bied of te probeer om hulle te beïnvloed om toegang tot eksamenvraestelle of goeie punte te kry, kom neer op korrupsie, wat ’n misdaad is.
  • Enigiemand wat betrokke is by die uitlek van eksamenvraestelle of die deel van eksameninhoud voor die geskeduleerde tyd, pleeg ’n ernstige misdaad, of hulle nou studente, onderwysers of amptenare is.
  • Gedrag wat die eksamenomgewing ontwrig, soos om ontwrigting veroorsaak, eiendom te beskadig, of eksamens te vertraag (bv. ’n bomdreigement), kan lei tot kriminele aanklagte.

Gevolge:

  • Na gelang van die erns van die oortreding, kan oortreders gediskwalifiseer word van óf die spesifieke vak óf alle vakke.
  • ’n Tydelike verbod op die skryf van eksamens kan afgedwing word.
  • Ernstige oortredings soos om voor te gee om iemand anders te wees, die uitlek van eksamenvraestelle, of ’n vals bomdreigement kan lei tot ’n regsgeding en ’n misdaadrekord.
  • Voorts mag uitslae teruggehou of nietig verklaar word, wat daartoe kan lei dat die leerder nie die Nasionale Senior Sertifikaat kan verwerf nie.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.