On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes vas ná hul dokter probeer afpers vir geld

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:53 Mon, 14 Oct 2024

Verdagtes vas ná hul dokter probeer afpers vir geld | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

Drie verdagtes kom na verwagting Maandag (14/10) voor in die Bloemfonteinse landdroshof nadat hulle glo ’n plaaslike dokter afgepers het.

’n Man (45) en twee vroue (29 en 35) is Vrydag (11/10) in hegtenis geneem nadat hulle ’n groot bedrag van die huisarts geëis en dreigboodskappe aan hom gestuur het.

Hy het in September ’n afpersingsaak aanhangig gemaak nadat die verdagtes hom meermale afgedreig het, sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die afpersing het begin toe die dokter ’n oproep ontvang van ’n man wat voorgegee het om die oom te wees van ’n pasiënt wat die dokter in Februarie verlede jaar behandel het.


Die verdagte het na bewering die dokter opdrag gegee om ’n aansienlike bedrag oor te plaas en later weer gebel en ook boodskappe gestuur. “Hulle het ook gedreig om hom van verkragting te beskuldig as hy nie die geld oorbetaal nie,” sê Earle.

Die Mangaung-afpersingstaakspan het Vrydag die verdagtes onder valse voorwendsels na ’n winkelsentrum in Botshabelo gelok het.

Die verdagtes het onder wanindruk verkeer hulle sou die dokter ontmoet, sê Earle. “Die drie verdagtes is in hegtenis geneem en ’n vierde verdagte, wat van die toneel gevlug het, is later die aand ook in Botshabelo in hegtenis geneem.”

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.