On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Polisie waarsku teen stygende voorkoms van bedrog

───   HEIDRÈ MALGAS 11:40 Sat, 12 Oct 2024

Polisie waarsku teen stygende voorkoms van bedrog | News Article
Inwoners van Upington was onlangs slagoffers van ’n sogenaamde piramideskema. Foto: Argief

Die polisie het ’n kommerwekkende probleem van bedrog opgemerk waar individue aansienlike bedrae geld aan bedrieërs verloor.

Die publiek word gewaarsku om bewus te wees van bedrog op sosialemediaplatforms, afspraakwebwerwe, en ander platforms.

Inwoners van Upington was onlangs slagoffers van ’n sogenaamde piramideskema waar ’n onbekende persoon na bewering duisende rande van hulle gesteel het met die belofte dat hulle drie keer meer sal maak as wat hulle belê het. Baie van hierdie mense het nooit die beloofde wins ontvang nie. Geen saak is nog aanhangig gemaak nie.

“In onlangse gevalle is vroue van hul swaarverdiende geld beroof deur mense wat hulle as hul lewensmaats of kêrels voorgedoen het,” sê Omphile Masegela, polisiewoordvoerder.

‘Nadat die deposito gemaak is, sal die bedrieërs verdwyn’

Sy sê dit is ’n ander vorm van bedrog waar die oortreders hul slagoffers in ’n liefdesverhouding lok en later oortuig om groot lenings van die bank aan te vra of hulle aanraai om van hul werk te bedank en hul pensioen te belê. Die metode in alle gerapporteerde gevalle is dieselfde en die polisie wil die publiek, veral vroue, bewus maak van hierdie patrone.

”Die slagoffers sal ’n lening aanvra of van werk bedank, dan die kontant aan die oortreder deponeer vir belegging sodat dit in waarde kan toeneem. Dikwels, nadat die kontantdeposito gemaak is, sal die bedrieërs spoorloos verdwyn en die slagoffer met skuld agterlaat.

Hierdie is van die bedrog wat plaasvind en mense het groot bedrae geld aan hierdie kriminele verloor.

Die publiek word gewaarsku om:

  • Nooit geld of ander waardevolle items aan individue, groepe, of maatskappye te deponeer sonder om hul wettigheid te verifieer nie.
  • Vinnige geldmaakskemas te vermy – dit bestaan nie.
  • As dit te goed lyk om waar te wees, is dit gewoonlik.
  • Gebruik geverifieerde maatskappye vir beleggings en saketransaksies.
  • Bedrieërs kan gewoonlik nie maklik opgespoor word nie. Dit is dus beter om veilig te wees as jammer.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.