On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

OFM #PinkTober-veldtog kry momentum met ingesamelde R160 000 in tweede week

───   HEIDRÈ MALGAS 15:22 Fri, 11 Oct 2024

OFM #PinkTober-veldtog kry momentum met ingesamelde R160 000 in tweede week | News Article
Klerksdorp se rolbalklub het soos ’n pienk see gelyk by die #Bowling4Boobies-geleentheid in Klerksdorp. Foto: Facebook/OFM, the sound of your life

Danksy gemeenskapsondersteuning is die tweede week van OFM se #PinkTober-veldtog ook ’n reusesukses.

Die pragbedrag van R160 000 is ingesamel vir Kansa deur ’n kombinasie van direkte skenkings en die #Bowling4Boobies-geleentheid in Klerksdorp.

OFM verkope-en-bemarkingsbestuurder sê vanjaar se #PinkTober het reeds R327 000 ingesamel, en die maand is nog nie eens halfpad nie.

Uitstekende gemeenskapsondersteuning maak ook die tweede week van OFM se #PinkTober-veldtog ’n wonderlike sukses.

Die #PinkTober-projek het sover 'n totaal van R327 000 ingesamel. Foto: OFM

Die veldtog se energie en geesdrif bou voort soos dit sy halfpadmerk bereik, met hoë verwagtinge om die uiteindelike doel van R500 000 teen einde Oktober in te samel.

Die #PinkTober-span maak hulle nou gereed vir die tweede van vyf rolbalgeleenthede: Donderdag (17/10) in Bloemfontein. Kaartjies is uitverkoop, maar ondersteuners kan spelers kom aanmoedig.


Hierdie byeenkoms beloof om nóg ’n geleentheid te wees vir die gemeenskap om saam te staan en die ruim bydraes te maak wat so kenmerkend is van die #PinkTober-veldtog.

“Ons is so ongelooflik dankbaar vir die gemeenskap van Klerksdorp,” sê Anchen Lintvelt, OFM se verkope-en-bemarkingsbestuurder. “Dit was ’n belewenis: Dit het gelyk soos ’n pienk see wat daardie rolbalklub tref.”

Die pragbedrag van R160 000 is ingesamel vir Kansa. Foto Facebook/OFM, the sound of your life

Die poging om R500 000 in te samel is goed op dreef, maar as selfs meer met die projek ingesamel kan word, kan soveel meer gedoen word vir lewensbelangrike kankernavorsing en om hoop te skep.

OFM se lojale gehoor word genooi om aan te sluit by die veldtog en so OFM se #PinkTober te steun om werklik ’n verskil te maak in lewens wat geraak word deur kanker.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.