On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Polisie ondersoek motorongeluk waarin Bloemfonteinse sakeman sterf

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:12 Tue, 08 Oct 2024

Polisie ondersoek motorongeluk waarin Bloemfonteinse sakeman sterf | News Article
Wyle Werner van Eck. Foto: Facebook

“Na bewering was Van Eck op pad terug van die skouterrein toe die ongeluk gebeur het. Hy was alleen in die voertuig.”

Begrafnisreëlings moet nog getref word nadat ’n sakeman van Bloemfontein sy lewe in ’n motorongeluk verloor het.

Werner van Eck (52), eienaar van Hamilton Panelbeaters, is Saterdag (5/10) omstreeks 21:30 in ’n ongeluk op die kruising van Olive Grinter- en Hudsonrylaan in Fichardtpark oorlede, sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Werner van Eck. Foto: Facebook

Sy oudste seun, Wian, ’n motorwerktuigkundige by sy pa se onderneming, vertel hulle het op daardie aand die ovaalbaanresies bygewoon. Van Eck was op pad terug van die skouterrein toe die ongeluk gebeur. Hy was alleen in die voertuig.

’n Vriend, Gary Claasen, beskryf Van Eck as ’n ware pel. “Rus in vrede, buddy.”

Van Eck het nog ’n seun, Waldo (13).

Om die verlies van ’n geliefde te hanteer, is een van die moeilikste uitdagings, luidens die American Pshychology Assosiation. Hoewel verlies ’n natuurlike deel van die lewe is, bring dit dikwels skok, verwarring en langdurige hartseer mee.

Rou is ’n belangrike proses wat ons help om die herinneringe van ons geliefdes te koester.

‘Gebruik die volgende strategieë om te help om die verlies te verwerk’

Volgens HealthGuide.org kan mense wat iemand verloor het, die volgende strategieë gebruik om te help om die verlies te verwerk en oorkom:

  • Dit help om jou geliefde te onthou en te verstaan wat gebeur het. As jy die onderwerp vermy, kan dit lei tot afsondering en genesing bemoeilik.
  • Dit is normaal om hartseer, woede of uitputting te voel. Wees bewus van hoe jy voel en as dit oorweldigend word, oorweeg dit om met ’n sielkundige, terapeut of berader te praat vir ondersteuning.
  • Eet gesond, oefen en rus, sodat jy jou liggaamlike en emosionele welstand tydens die rouproses kan handhaaf.
  • Om stories met ander te deel of na jou geliefde se gunstelingmusiek te luister kan ander ook help om die verlies te hanteer.
  • Herdenkings kan ’n manier wees om ’n te eer, hetsy deur liefdadigheidskenkings of die aanplant van ’n gedenktuin.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.