On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Kuruman: Vermeende moordenaars van bejaarde boer bly in aanhouding

───   HEIDRÈ MALGAS 14:11 Tue, 08 Oct 2024

Kuruman: Vermeende moordenaars van bejaarde boer bly in aanhouding | News Article
Hendrik Venter. Foto: Maroela Media

“Die hof het ’n aansoek van die media toegestaan om foto’s van die beskuldigdes te neem.”

Die twee verdagtes in die moord op ’n bejaarde boer van die Kalahari moet weer Vrydag (11/10) in Kuruman se landdroshof verskyn.

“Die hof het ’n aansoek van die media toegestaan om foto’s van die beskuldigdes te neem,” sê Mojala Senokoatsane, NVG-woordvoerder, “maar die verdediging is van voorneme om ’n appèl in te dien. Hulle het versoek dat die transkripsierekords van die verrigtinge rakende die aansoek deur mediahuise beskikbaar gestel word.”

Klik op die foto om sy gedenkdiens te kyk. Skermgreep: Facebook

Die saak is uitgestel nadat die hof beveel het dat die polisie die beskuldigdes moet help om ’n klag teen beamptes en lede van die publiek in te dien nadat hulle glo aangerand is. Intussen bly Orabile Vincent Motsewakgosi (24) en Kabelo Tata (26) in aanhouding tot minstens hul volgende hofverskyning.

Hendrik Venter is Vrydag (27/9) dood aangetref by ’n buurplaas se hek. Die 81-jarige het sy plaas tussen Kuruman en Hotazel om 08:30 verlaat om sy beeste te versorg. Sy liggaam is omstreeks 09:45 langs sy voertuig gevind.

Barbaarse werkwyse

Hy het kopwonde gehad, sê Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. “Daar word ook beweer dat ’n onbekende bedrag geld vermis word.”

Agri Noord-Kaap sê dié organisasie het met skok verneem van die moord op een van sy lede in die Agri Kuruman-distrik. “Ons veroordeel die moord op wyle Hendrik Venter ten sterkste en is uiters geskok oor die barbaarse wyse waarop die moord gepleeg is.”

Agri Noord-Kaap het meegevoel betuig met sy vrou, Odine, hul kinders en die hele familie.


“Dis kommerwekkend dat sulke misdade in die Noord-Kaap begin toeneem,” sê Joe Scholtz, Agri Noord-Kaap se voorsitter van landelike veiligheid. Hy versoek plattelandse gemeenskappe om meer paraat en veiligheidsbewus te wees weens die landwye toename in geweldsmisdaad.

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.