On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Ma gegroet nadat sy voor Bethlehem-meisie se matriekafskeid verongeluk

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:24 Mon, 30 Sep 2024

Ma gegroet nadat sy voor Bethlehem-meisie se matriekafskeid verongeluk | News Article
Doré en Evané du Toit. Foto: Facebook

“Die ma en dogters was op pad terug na Bethlehem vanaf die gasteplaas Lavender Hill, waar Evané haar matriekafskeid Vrydagaand (20/9) sou bywoon.”

Die ma van ’n matriekmeisie van Bethlehem, wat op die dag van haar matriekafskeid oorlede is, se begrafnis word beplan vir Vrydag (4/10).

Doré du Toit (44) was Vrydagmiddag (20/9) saam met haar twee dogters, Dorijke (21) en Evané (18), in ’n motorongeluk betrokke terwyl hulle voorbereidings vir Evané se groot aand getref het. Sy is op die toneel dood verklaar en haar dogters het ernstige beserings opgedoen.

Doré se stiefma, Drice Rossouw, het vroeër aan OFM Nuus gesê Evané is Sondag (22/9) ontslaan, maar Dorijke moet nog twee weke in die hospitaal bly vir waarneming omdat sy plat moet lê.

“Dorijke se bekken en werwels is beseer, terwyl Evané ’n ernstige kopbesering opgedoen het.”

Volgens Rossouw was die ma en dogters op pad terug na Bethlehem vanaf die gasteplaas Lavender Hill, waar Evané, onderhoofmeisie van die Hoërskool Witteberg, haar matriekafskeid Vrydagaand (20/9) sou bywoon.

Dorijke en Doré du Toit. Foto: Facebook

“Hulle het hul hare vir die geleentheid laat doen by ’n salon op Lavender Hill toe ’n bakkie met ’n sleepwa aan die regterkant met hul motor gebots het,” sê Rossouw.

Die ongeluk het omstreeks 15:00 plaasgevind toe hulle op pad terug was na Bethlehem waar hulle beplan het om hul grimering te doen, aan te trek en foto’s te neem vir die afskeid.

Du Toit, wat op Bethlehem gebore en getoë is, het die afgelope jare in George gewoon en gewerk, terwyl Evané by haar pa, Francois du Toit, op Bethlehem gebly het. Die susters het ’n jonger broer, Rossouw (13).

Drice het Du Toit beskryf as die mooiste vrou en die wonderlikste ma waarvoor haar kinders kon vra. “Haar skoonheid was nie net aan die buitekant nie, maar sy het ook die mooiste hart gehad. Haar diep geloof in haar Hemelse Vader het haar gekroon as ’n ware kind van God.”

Bethlehem: Matriekmeisie ontslaan ná ongeluk waarin ma sterf | News Article

Evané du Toit saam met haar ma, Doré. Foto: Facebook

Du Toit word oorleef deur haar pa, Ben Rossouw, en twee broers, Koos en Pienaar Rossouw.

Sy word DV Vrydag 11:00 vanuit die NG Kerk Wes in Bethlehem begrawe.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.