On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Sersant in Noordwes skiet glo man wat met sy meisie flankeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:00 Mon, 30 Sep 2024

Sersant in Noordwes skiet glo man wat met sy meisie flankeer | News Article
Die sersant word Maandag in die Rustenburg-landdroshof verwag. Foto: iStock

“Die slagoffer is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer waar hy in ’n kritieke toestand is. ’n 9 mm-pistool is op die toneel gevind.”

’n Polisiesersant, wat na bewering ’n man in die kop geskiet het nadat hy glo met sy meisie geflankeer het, sal Maandag (30/9) in die hof verskyn.

Die sersant is Vrydag naby Marikana in hegtenis geneem. Hy is volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, by die Marikana-polisiestasie in Noordwes gestasioneer.

Volgens Myburgh het die sersant ’n 22-jarige man in die kop geskiet nadat die man na bewering met sy meisie by ’n plaaslike taverne geflankeer het. “Die slagoffer is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer waar hy in ’n kritieke toestand is. ’n 9 mm-pistool is op die toneel gevind.”

‘Sersant aangekla van poging tot moord’

Sy sê die saak word ook deur die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek. “Die sersant sal teregstaan op ’n aanklag van poging tot moord wanneer hy Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.”

Die Noordwes-polisiekommissaris, lt.genl. Sello Kwena, het dankbaarheid teenoor die polisie uitgespreek vir hul vinnige reaksie op die voorval.

Hy het ook beklemtoon dat kriminele gedrag binne die polisiegeledere nie geduld sal word nie.


’n Speurder van die Zeerust-omgewing is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy vervreemde vrou en haar kêrel wat hy twaalf keer geskiet het.

Die streekhof op dié dorp in Noordwes het op 26 Augustus beslis dat ao. Annius Mmutle (50) die twee lewenslange vonnisse samelopend moet uitdien, sê Sivenathi Gunya, NVG-woordvoerder vir Noordwes.

“Mmutle het sy vrou, Motshegwa Mmutle, haar kêrel, Katlego Selokwane, en nog ’n vriend op 14 Maart verlede jaar op pad na ’n vriend se huis naby Zeerust agtervolg. Mmutle het op hulle begin skiet. Sy vrou en Selokwane is op slag dood.”

Volgens Gunya het Mmutle die polisie kort ná die voorval gebel om skuld te beken. Hy is dadelik in hegtenis geneem. “Mmutle het vertel hy en sy vrou het huweliksprobleme. Hy is borgtog geweier en was sedertdien in aanhouding.”

Tydens vonnisoplegging het die staat ter verswaring aangevoer dat Mmutle as wetstoepasser ’n plig het om sy vrou en gesin te beskerm, pleks daarvan het hy haar vermoor.

“Die hof het ook beslis dat Mmutle geen berou getoon het nie, ten spyte van sy bekentenis aan die polisie. Die regter het beklemtoon dat geweld in gemeenskappe toeneem, en as ’n polisiebeampte moes Mmutle van beter geweet het.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.