On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

OPGEDATEER: Ma, twee seuns van Bloemfontein in Secunda gevind

───   HEIDRÈ MALGAS 09:00 Mon, 30 Sep 2024

OPGEDATEER: Ma, twee seuns van Bloemfontein in Secunda gevind | News Article
Die Kleynhanse wat vermis word.

OPGEDATEER: Die vermiste ma en haar twee seuns is veilig in Secunda gevind. Geen misdaad word vermoed nie, sê die Bloemfonteinse polisie.

Die Parkweg-polisie in Bloemfontein doen ’n beroep op die publiek om ’n vermiste ma en haar twee seuns te help opspoor.

“Annemé Kleynhans (35) en haar kinders, Jan-Hendrik (13) en Ludcé (8), is Vrydag (27/9) laas gesien toe hulle hul huis in Pellissier, Bloemfontein, omstreeks 08:30 verlaat het om die kliniek in Fichardtpark te besoek,” sê Lorraine Earle, polisiewoordvoerder.

“Hulle het nooit teruggekeer nie, hul telefone is afgeskakel, en pogings om hulle op te spoor het misluk.”

Hulle is Saterdagmiddag as vermis by die Parkweg Polisiekantoor aangegee. “Tydens haar verdwyning het Annemé swart jeans, ’n rooi T-hemp en donkerpienk tekkies gedra. Sy het swart hare met rooi hightlights. 

“Jan Hendrik was geklee in ’n Vrystaat Rugby-sweetpak, terwyl Ludcé ’n blou rugbykortbroek en ’n bruin baadjie gedra het.”


Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konst. Marcia Mphulenyane van Parkweg-speurders, kontak by 078 840 8933. Wenke kan ook gedeel word via Stop Misdaad by 08600 10111 of die MySAPS-app.

Wat om te doen wanneee iemand vermis word, volgens die polisiediens:

1. Dien ’n vermistepersoneverslag by jou naaste polisiekantoor in.
2. Deel gedetailleerde inligting oor die vermiste persoon, insluitend klere, onlangse foto’s, gesondheidskwessies en kontakbesonderhede.
3. Kontak familie en vriende. Stel hulle in kennis en vind uit of hulle enige inligting oor die vermiste persoon het.
4. Gebruik sosiale media en ander platforms. Deel die vermiste persoon se inligting op platforms soos Facebook, Twitter, en WhatsApp.
5. Bly kalm en wees waaksaam. Hou ’n rekord van alle lewerde inligting en bly in kontak met die polisie en die gemeenskap. 

OPGEDATEER: Die vermiste ma en haar twee seuns is veilig in Secunda gevind. Geen misdaad word vermoed nie, sê die Bloemfonteinse polisie.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.