On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Rugbyspeler (17) sterf tydens wedstryd in Vereeniging

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:10 Mon, 26 Aug 2024

Rugbyspeler (17) sterf tydens wedstryd in Vereeniging | News Article
Foto: Facebook

“Christive, ’n leerling aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg, het in Julie aan die begin van die seisoen by die Springs- junior rugbyklub se o. 18-span aangesluit.”

’n Jong rugbyspeler is dood kort nadat hy tydens ’n wedstryd in Vereeniging inmekaargesak het.

“Christive (Christmas) Kimankinda (17) van Springs aan die Oos-Rand het Saterdag (24/8) gesterf op die rugbydag waar sy span kragte gemeet het teen die Vereeniging- junior klub, sê Louis Kruger, ondervoorsitter van Springs- junior rugbyklub.

“Die span het rustyd in ’n kring gestaan toe hy ewe skielik inmekaarsak. Noodhulppersoneel en later paramedici het ’n driekwartier reddingsasemhaling en borskompressies toegedien. Hy’s ook met ’n defibrillator geskok. Christive is langs die veld dood,” sê Kruger.

Die oorsaak van sy dood is nog onbekend. Christive, ’n leerling aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg, het in Julie aan die begin van die seisoen by die Springs- junior rugbyklub se o. 18-span aangesluit. “Vereeniging- junior rugbyklub het Saterdag ’n rugbydag by Vereeniging Gimnasium aangebied,” sê Leonie Coetzee, voorsitter, maar wil nie kommentaar lewer oor die voorval nie.

‘Dit is die man wat hy was’

Chris was liewer vir rugby as enigiets anders, sê Kruger. “Ons het ’n seun, ’n broer, ’n vriend, ’n speler verloor. Hy is in ons hart. Ongelukkig weet ons nie wat gebeur het nie. Ons weet hy wil hê julle moet almal sterk en trots wees, want dit is die man wat hy was.”

Christive se ouers was nie by die wedstryd nie, maar het hulle van die Oos-Rand na die toneel gehaas toe hulle die tyding kry.

Sy broer het Saterdag op Vanderbijlpark in die halfeindstryd van die Valke Peregrine-liga vir Springs se o. 21-rugbyspan teen NWU Vaal uitgedraf. Sy ouers het hom van sy broer se dood ingelig. Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.