On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Namakwaland spog met skouspelagtige madeliefies

───   10:20 Sun, 25 Aug 2024

Namakwaland spog met skouspelagtige madeliefies   | News Article
Foto: Facebook/Hano Otto

“Vanjaar se blommeprag is nog mooier as ander jare.”

Die lenteseisoen is amptelik nog nie hier nie, maar Moeder Natuur het Namakwaland in die Noord-Kaap reeds in 'n kleurvolle wonderland omskep.

Danksy goeie reënval vroeër vanjaar is die wêreldbekende Namakwalandse madeliefies in volle blom en lok toeriste van regoor die aardbol.

“Dit is skouspelagtig, dit is ’n wonderwerk om die minste te sê,” sê Marius Moolman in ’n kort video wat deur die SAUK uitgesaai is. “Mens moet dit regtig ervaar, ’n skouspel soos hierdie. Nie een keer nie, maar meer as een keer in jou leeftyd anders loop jy baie mis.”

Kamrul en Alicia Islam van Springbok kniediep in die madeliefies. Foto: SAUK Nuus/Skermgreep

Selfs plaaslike inwoners is beïndruk met vanjaar se pragblomme.

“Vanjaar se blomme is nog mooier as verlede jaar,” sê Alicia Islam van Springbok, wat die gebied saam met haar man, Kamrul, besoek het,.

“Daar is reeds meer blomme as hierdie tyd verlede jaar en volgende maand sal daar nog meer wees,” sê Kamrul.

Plaaslike inwoners sê die seisoen se blomprag bereik sy hoogtepunt teen middel-September waarna dit begin afneem.

OFM Nuus cvdw

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.